Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Bladspieël
Bladspieël
Bladspieël
Ebook118 pages41 minutes

Bladspieël

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In bladspieël – die digter se agste digbundel – verken Marlise Joubert in ’n kenmerkend vloeiende styl temas soos verganklikheid en verval, onthou en verewiging, liefde en familieverhoudings, digterskap en die skryfproses. Die gedigte verwoord, en word as’t ware ’n afbeelding van, die ervarings van die digter as belewende subjek, en betrek só die leser op intieme wyse by haar ervarings van die alledaagse.
LanguageAfrikaans
Release dateMay 6, 2015
ISBN9780798169554
Bladspieël
Author

Marlise Joubert

Marlise Joubert is gebore in Limpopo, en het grootgeword in Warmbad (Bela Bela). Sy het Biblioteekkunde en Filosofie aan die Universiteit van Pretoria studeer, was joernalis, en daarna bibliotekaresse van die Departement Visuele Kunste se biblioteek aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is die outeur van 11 publikasies (waarvan bladspieël haar agste digbundel is) en is die webmeester van versindaba.co.za. Vanaf 2001 tot 2006 het haar radiodramas eerste, tweede, en derde pryse in die Sanlam/RSG radiodramakompetisie gewen. Joubert is getroud met die digter Louis Esterhuizen en woon op Stellenbosch.

Related to Bladspieël

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Bladspieël

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Bladspieël - Marlise Joubert

    vir my kleinseuns, xander & felix,

    waar elke dag ’n lewe is

    "Each day is somewhat lighter than the last.

    In the air, in the wind, I sign my name."

    – Bo Carpelan, Urwind

    "the sun shines on the red wall and the wall is warm.

    I feel it with my hand, I put my cheek against it."

    – Jaan Kaplinski, The wandering border

    herfs

    vandag staan die wolke skeef

    druppende kerswas oor die land

    ek wil dit nie verloor nie

    in die tuin ’n geveg tussen vinke

    verwers met kwaste en lere poleer

    my mure met die kleur van sand

    niks hiervan wil ek opgee nie

    hoe laat is die groot verlaat

    en sal jy later in jou eensaamheid

    alle gedagtes oor ons liefde prysgee

    vandag vlam bome herfs teen die berg

    alle vensterrame staan oop in die lug

    vir die vars vernis om droog te word

    ek wil dit nie agterlaat nie

    dagskrif vir die wegland

    1 [aand]

    (a)

    uit die lou water beur ek boontoe

    silwer druppels hang aan my vel

    ek kom uit die swembad aangestap

    jy laat my langs jou neerlê op gras

    my hare is nat my wimpers waas

    in die donkerte sidder sterre

    verlate skree ’n pou deur die tuin

    jou warm tong gly ’n nawind

    oor my lyf van onder na bo

    ’n maan drup klappermelk

    ek kyk verby jou gesig

    langs my spat die rose weg

    by die dam se goue rietbos

    roer ganse en bleshoenders

    die sterre staan botstil in ink

    ek sien hoe een verskiet

    ’n padda plons die swembad in

    my vel verskans alle organe

    blooswit soos ’n wasfiguur

    ek is louwarm van purper water

    (b)

    die nagstilte is die hemel vol

    ons lippe stippel sagte vokale

    ons kyk hoe klankloos val komete

    met lang sterte soos rose

    jou lyf saai die aarde nat

    en daar is damp onder

    my vingers teen jou voorkop

    ek druk my vuiste in jou oksels

    jy breek skanse af en ek neem oor

    sag soos ’n vaandel vou jy my toe

    jou kop dryf afgeslote op my bors

    uit die roos begin die kleur ontsnap

    2. [oggend]

    (a)

    ’n swerm voëls

    snak wilde geluide tussen blare

    onsigbaar pruttel hulle onder mekaar

    wat sou die gesprekke behels

    watter stories verg dan soveel

    geskinder en twis in die vroeë uur

    se sluimerlig

    oor ’n reling

    hang laas nag se swembroek

    om te droog terwyl jy nog slaap

    ek sit op die lang stoep

    ek luister

    ek grendel my tong

    ek hoor die gaasdeur klap

    en jy loop uit na my toe

    jou hare is glad gekam soos ’n glimlag

    ’n waterdruppel rol teen jou

    wangbeen af

    (b)

    tussen ons op die tafel

    roer kolle son weerkaats weg

    na ’n kandelaarblom

    vlieë draal rond en steur

    jy sit gedonkerbril en lees verder

    aan ’n mankell-roman

    die boer van die plaas se rifrug

    kom swaaiend groet

    en verdwyn dan net so vinnig

    soos wat hy gekom het

    wat sou geword het van die paddatjie

    in die afvoergeut van die swembad

    vra ek jou

    sinkgeel lelies knars oop

    in klam oggendlig

    enkele vroegherfsblare hang

    bokant ons in die groen prieel

    3. [middag]

    (a)

    in die kamer

    terwyl die dakwaaier

    tollend suis en koeltes

    oor my blaas

    in die kamer

    van soveel voorgeslagte

    staan die hangkas

    met uitgekerfde torings

    die deure wyd oop soos ossewaens

    kraak asof geraamtes saamgesels

    in die kamer

    slaap ek die middaguur om

    ligkandelare hang stemloos

    uit ’n versierde kolonietyd

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1