Nuwe stemme 5
By Heilna du Plooy and Loftus Marais
()
About this ebook
Related to Nuwe stemme 5
Related ebooks
Vers & vrou: 258 gedigte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAsbesmiddag Rating: 4 out of 5 stars4/5Die stomme aarde: 'n keur Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKatalekte: (artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBinnekring van Spookasems: Stories oor die lewe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPruimtwak en skaduboksers: rubrieke, heildronke en nagedagtes Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie verleiding van Eva de Winter Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBrouhaha Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEk stamel ek sterwe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsNuwe Stories Rating: 2 out of 5 stars2/5Stories uit 'n Straat Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTruitjie roer my nie: Oor Kempton en ander k-woorde Rating: 3 out of 5 stars3/5Mediterreense herinneringe: Reisvertellings Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVer in die wêreld Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBladspieël Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Baie lang brief aan my dogter Rating: 5 out of 5 stars5/5Die kinders eet viennas, maar 'n man kan nie relax nie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVersamelde poësie Rating: 4 out of 5 stars4/5Nuwe Stories 3 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOm die gedagte van geel Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHierdie mens Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPadlangs Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGedagtekringe, 'n Afrikaanse Bundel Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVyf-en-veertig skemeraandsange: uit die eenbeendanser se werkruimte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKoshuis Rating: 0 out of 5 stars0 ratings107 Kaalkoppe Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Droë wit seisoen Rating: 4 out of 5 stars4/5Klassiek reeks: ’n Ander land Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related categories
Reviews for Nuwe stemme 5
0 ratings0 reviews
Book preview
Nuwe stemme 5 - Heilna du Plooy
Nuwe stemme 5
Saamgestel deur Heilna du Plooy en Loftus Marais
TAFELBERG
Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Nuwe stemme 5 mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.
Voorwoord
Heilna du Plooy
Voordat die boek met die titel Nuwe Stemme 5 in konkrete vorm voor ’n mens kon lê, is daar ’n lang pad geloop deur die digters, die redakteurs en die uitgewer. Daar was eers die groot aantal inskrywings om deur te sif, daarna kleiner groepe voorleggings om te oorweeg en uiteindelik die werkswinkels met daardie digters wie se werk bo die ander uitgestaan het. Dit was egter alles die moeite werd, want dit is ’n mooi bundel met goeie gedigte wat uiteindelik saamgestel kon word.
Mens wonder maar soms oor die waarde van die poësie in die tyd waarin ons leef. Dit het op die oog af min konkrete en praktiese waarde en tog is daar altyd mense wat poësie skryf en wil skryf. Binne ’n wyer raamwerk is die poësie egter een van daardie menslike produkte wat as ’n argief van die denke van ’n tydperk beskou kan word, hetsy van die kollektiewe of die individuele denke.
Die digter is die een wat regtig ’n saak tot op die been wil deurdink, wat die essensie van ’n voorwerp, saak of situasie wil peil en dit dan verwoord op die raakste manier moontlik. Digters wil nie sommer met die eerste die beste woorde en sinne praat oor dit wat hulle tot skryf bring nie. Hulle is vakmanne en vakvroue. Die regte woord, die regte herskikking van ’n sin, die regte vorm vir die bepaalde onderwerp en die regte toonaard: Dit is die dinge wat hierdie mense nagte lank pla en wakker hou. Hulle probeer, in die woorde van Roman Jakobson, gewone taal georganiseerde geweld aandoen
sodat die taal self daartoe meewerk om dinge nuut en opwindend voor die leser te laat staan.
Dit was ’n voorreg om met hierdie groep digters te kon saamwerk en ook met die uitgewer Riana Barnard. Hierdie mense het getoon dat hulle aanleg het en dat hulle bereid is om aan hulle werk te slyp. Om in ’n werkswinkelsituasie te gesels met elkeen en in die proses weer opnuut na te dink oor die fyn spel met woorde, was nie net aangenaam nie, maar ook verrykend. Die gesprek oor die tegniese aspekte is ook verruim deur elke deelnemer, deur elkeen se unieke lewensaanvoeling en persoonlikheid en die manier waarop dit telkens op ’n ander manier in die gedigte neerslag gevind het.
Dit het my ook opnuut laat besef hoe ’n komplekse proses dit is om uit ervaring en waarneming, deur veelvuldige prosesse van nadenke, oorweging en heroorweging, uiteindelik by die skryf van ’n gedig uit te kom. Daar is baie intuïtiewe talent, want sommige gedigte vloei asof vanself uit die gedagtes oor op papier.