As die eerste botseltjies begin sigbaar raak, waai daar so ’n effense mismoedigheidjie oor my binnestes. So ’n ou sielesuggie. My kop is nog nie reg hiervoor nie. My lyf allermins.
Ek wil nog snoes wees. In my lekker wollies rondloop, vuurmaak, soggens wit wolkies asem blaas wanneer ek met die hond gaan stap. Ek hou van die skerp kontraste van winter. Van bome wat slaap en berge onder wit komberse, kinderwange wat