Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Blom en baaierd
Blom en baaierd
Blom en baaierd
Ebook79 pages28 minutes

Blom en baaierd

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Met Blom en baaierd (1956) bou Opperman deur die reeksstruktuur, parallelismes, sirkulering van simbool en beeld en tipografiese rangskikking ʼn hegte bundeleenheid op. In hierdie bundeleenheid verteenwoordig “Oud-digter” en “Paddas” onderskeidelik futiliteit en die bose teenoor sinvolheid en die goeie. Al die gedigte tot “Nagwag” staan in die teken van die Suid-Afrikaanse “kleur”-aktualiteit, terwyl die lyding in die tweede helfte van die bundel op ʼn universeler vlak verken word. - J C Kannmeyer
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateNov 1, 2015
ISBN9780624075974
Blom en baaierd
Author

D.J. Opperman

Diederik Johannes (D.J.) Opperman is op 29 September 1914 op ’n plaas naby Dundee in KwaZulu-Natal gebore. Hy gaan skool op Estcourt en Vryheid. Hy verwerf ’n MA-graad in 1935 aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg en sy doktorsgraad in 1953 aan die Universiteit van Kaapstad. Hy gee skool in Pietermaritzburg en Johannesburg en is van 1946 tot 1948 ’n joernalis by Die Huisgenoot in Kaapstad, en gee vir 10 jaar klas aan die Universiteit van Kaapstad. D.J. Opperman is van 1960 tot 1979 ’n professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. In dié tyd is hy in beheer van die beroemde Letterkundige Laboratorium. D.J. Opperman het in 1981 ’n beroerte gehad en sterf op 22 September 1985 op Stellenbosch. D.J. Opperman, een van die bekendste Afrikaanse digters, se debuut-digbundel, Heilige beeste, verskyn in 1945 en word in 1947 met die Hertzogprys vir poësie bekroon. Hy ontvang daarna nog drie keer die Hertzogprys: Periandros van Korinthe (vir drama, 1956), Voëlvry (vir drama, 1969) en Komas uit ’n bamboesstok (vir poësie, 1980). Hy ontvang ook die CNA-, WA Hofmeyr- en Louis Luyt-pryse vir Komas uit ’n bamboesstok. Opperman was ook bekend as samesteller van bloemlesings en die bekendste voorbeelde hiervan is Groot Verseboek (die eerste een het in 1956 verskyn) en Kleuterverseboek. In 2000 verskyn die bundel Sonklong oor Afrika waaraan hy ten tyde van sy dood gewerk het

Read more from D.J. Opperman

Related to Blom en baaierd

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Blom en baaierd

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Blom en baaierd - D.J. Opperman

    DJ Opperman

    Blom en baaierd

    Tafelberg

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Blom en baaierd mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Staking op die suikerplantasie

    I TROM

    ’n Langstert ster verskiet,

    vuurvlieë flikker deur die suikerriet;

    en as die groen maan bo die mangobos opkom

    sodat die rantjies van die rietplantasie

    glasig skyn, begin in die lokasie

    houe uitdreun op die strak vel van ’n trom.

    Grys motte uit boomskeure

    flapper na die dronksoet geure

    van die frangipani en pers piesangblom

    – daar is verborge heuning

    in die oer- en dowwe dreuning

    wat die hart snags soek in klanke van die trom.

    ’n Maer Masoeloeman swaai driekwartkaal

    al om die vuur sy bont danspaal,

    en oral uit die kriek en kwaak van bosse drom

    die stoters van die koekepanne,

    die dorp se bruin en pikswart manne

    saam by die vergadering om die trom.

    Onder die sakkende ou Kruisster

    draf Zoengoe, die onderwyser,

    in aapsterte van sy voorgeslag vermom

    – fletter uit die sendingstasie

    vanaand met kierieswaaie na die lokasie

    op dronksoet geure van die trom.

    ‘Uit dié moddergate wat deur eeue kook

    en van geel swaweldamp en geeste rook,

    het ons as die swart maaksels klei gekom,

    maar ons sal sendelinge van die Boek

    wat ons tot hout- en waterdra vervloek,

    besweer met houe van voorvaderlike trom.

    ‘Vannag sal swart en bruin met brousels bier

    my geheime arbeid van die jare vier

    op die misgesmeerde blad onder die bloekom.

    Daar verenig deur die haat en smart

    sal elkeen nou sy eie hart

    herken in donker bonsings van die trom.

    ‘Uit magnolia en turf gis daar ’n mag

    wat borrel deur die bloed in so ’n nag

    wanneer die groen maan bo die mangobos opkom,

    dat jy vol bier oophart gesels

    en in die mangoskaduwees omhels

    op bedwelmende stote van die trom.’

    Uit die pot kaboemielies waar hy sit,

    skiet hy in sy mond wit pit na pit,

    spring dansend na die middel, ’n kolom

    waaróm almal by die pot en bak

    met klap-klap van die hand en hak

    trippeldans op dreunings van die trom.

    Nie te ver van die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1