Rooi Rose

Klik-klak deur RUSLAND

Toe begin ek en my man soek, weke lank, tot ons dit kry: een van die heel langste treinritte ter wêreld: 9 289 kilometer, deur sewe tydsones in dieselfde land. En so gebeur dit dat ons op ’n Saterdag in Julie op Moskou se Kazansky-stasie op perron 7 staan. Ons harte klop woes en bang daar neffens die reuse- Trans-Siberië-trein, gereed vir die ikoniese reis van Moskou tot Wladiwostok, die Russiese hawestad aan die anderkant van die aardbol, in die Verre Ooste.

Ons wag by die trapleertjie van ons treinwa, paspoort en bespreking in die hand. Luidsprekers saai treininligting uit – ons verstaan niks maar die opwinding om ons is tasbaar, soos dit by stasies gaan. Tussen haastige passasiers is polisie, inspekteurs, stasie-amptenare … en jou provodnitsa, netjies geklee in haar Rossiya-uniform met ’n streng uitdrukking. Sy hou wag by die ingang van jou wa. Sy is die een wat sal besluit of jou dokumentasie in orde is voordat jy kan opklim. Sy sorg vir die netheid van die wa en hou toesig oor die kospakkies en linne. Jy sal haar instruksies gehoorsaam tflt waar sy afklim by die eindpunt van haar skof, waar sy deur ’n volgende een afgelos word.

Die trein is hoog, die trappies is steil. In die gangetjie druk en skuur almal

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose1 min read
Winterblomme
1 ROK MET BLOMMOTIEF (R3 799; XS-L) SCOTCH & SODA. 2 LEERBAADJIE (R6 580; XS-XL) TED BAKER. 3 STUDIO W-HEMP (R399; 4-20) WOOLWORTHS. 4 ENKELSTEWELS (R1 599; 2,5 -9) STEVE MADDEN. Indien jy in ’n geblomde kledingstuk wil belê, begin by ’n geblomde
Rooi Rose1 min read
Nog Wenke
• Sukses in die geleentheidsekonomie beteken ook harde werk, selfdissipline en bestuur. • Beoordeel jou aptyt vir risiko en jou selfbestuursvernuf en kry afrigting sou jy dit benodig. • Definieer sukses vir jouself, asook die rede waarom jy geleenthe
Rooi Rose2 min read
OP die RAK
Beet, tamatiesous, rooiwyn … Jy ken daardie nare gevoel as jy op jou gunsteling-kledingstuk mors. Die geheim is om so gou moontlik iets aan die vlek te doen, maar ligloop vir skerp middels wat die materiaal kan beskadig. Personal Touch Fabric Stain R

Related