Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Horlosiemaker (Afrikaanse Taal - Afrikaans Edition)
Die Horlosiemaker (Afrikaanse Taal - Afrikaans Edition)
Die Horlosiemaker (Afrikaanse Taal - Afrikaans Edition)
Ebook69 pages1 hour

Die Horlosiemaker (Afrikaanse Taal - Afrikaans Edition)

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

--Vra hoe jy ‘n uur in tyd kan wen--

Marae O’Conaire het baie groter probleme as die feit dat haar horlosie stiptelik 3:57 namiddag opgehou werk het. Wanneer sy haar horlosie neem vir herstelwerk, vind sy uit dat sy ‘n ongewone prys gewen het – die kans om ‘n enkele uur van haar lewe oor te leef. Maar die lot het streng reëls oor hoe die verlede beïnvloed mag word en kom met die waarskuwing dat sy niks mag doen wat ‘n paradoks in die tyd-lyn kan veroorsaak nie. Kan Marae vrede maak met die fout waaroor sy die meeste spyt in hierdie wêreld het?

"’n Aangrypende verhaal. Die kans om jou grootste spyt reg te maak is ‘n kans duisend!" –Leser resensie

"’n Baie hartroerende en dramatiese verhaal... as ons die kans sou kry om die verlede te verander, sou ons?" –Leser resensie

"’n Aangrypende kort verhaal gebaseer op ‘n tema uit Noorse mitologie. Tyd is ‘n geskenk, en partykeer, ‘n laaste kans..." --Dale Amidei, skrywer

Wat as jy dit alles oor kon doen?

Onderwerpe: Onderwerpe: noodlot, veelrassige dating, vooroordeel, rassisme, tweede kanse, Afrikaans fiction, Afrikaans romance, Afrikaans language books, Afrikaans language, Afrikaans language edition, Afrikaans edition, Afrikaans books, Afrikaans fiction, Norse mythology, Norns, Fate, interracial dating, prejudice, racism, second chances, Afrikaanse taal boeke, Afrikaans romanse, Afrikaans fiksie, Afrikaanse taal, Afrikaanse taal uitgawe, Afrikaans uitgawe, Afrikaanse boeke, Noorse mitologie, Norns, noodlot, veelrassige dating, vooroordeel, rassisme, tweede kanse.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 15, 2016
ISBN9781943036073
Die Horlosiemaker (Afrikaanse Taal - Afrikaans Edition)
Author

Anna Erishkigal

Anna Erishkigal is an attorney who writes fantasy fiction under a pen-name so her colleagues don't question whether her legal pleadings are fantasy fiction as well. Much of law, it turns out, -is- fantasy fiction. Lawyers just prefer to call it 'zealously representing your client.'.Seeing the dark underbelly of life makes for some interesting fictional characters. The kind you either want to incarcerate, or run home and write about. In fiction, you can fudge facts without worrying too much about the truth. In legal pleadings, if your client lies to you, you look stupid in front of the judge..At least in fiction, if a character becomes troublesome, you can always kill them off.

Read more from Anna Erishkigal

Related to Die Horlosiemaker (Afrikaanse Taal - Afrikaans Edition)

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Horlosiemaker (Afrikaanse Taal - Afrikaans Edition)

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Horlosiemaker (Afrikaanse Taal - Afrikaans Edition) - Anna Erishkigal

    DIE HORLOSIEMAKER

    (‘n Novelle)

    deur

    Anna Erishkigal

    .

    Afrikaanse uitgawe

    Kopiereg 2017, 2014 – Anna Erishkigal

    Alle Regte Voorbehou

    Opsomming

    —Vra hoe jy ‘n uur in tyd kan wen—

    .

    Marae O’Conaire het baie groter probleme as die feit dat haar horlosie stiptelik 3:57 namiddag opgehou werk het. Wanneer sy haar horlosie neem vir herstelwerk, vind sy uit dat sy ‘n ongewone prys gewen het – die kans om ‘n enkele uur van haar lewe oor te leef. Maar die lot het streng reëls oor hoe die verlede beïnvloed mag word en kom met die waarskuwing dat sy niks mag doen wat ‘n paradoks in die tyd-lyn kan veroorsaak nie. Kan Marae vrede maak met die fout waaroor sy die meeste spyt in hierdie wêreld het?

    .

    ’n Aangrypende verhaal. Die kans om jou grootste spyt reg te maak is ‘n kans duisend! –Leser resensie

    .

    ’n Baie hartroerende en dramatiese verhaal… as ons die kans sou kry om die verlede te verander, sou ons? –Leser resensie

    .

    ’n Aangrypende kort verhaal gebaseer op ‘n tema uit Noorse mitologie. Tyd is ‘n geskenk, en partykeer, ‘n laaste kans… --Dale Amidei, skrywer

    Inhoudsopgawe

    Opsomming

    Inhoudsopgawe

    Toewyding

    Marae se Reis

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Die Norne deur H.L.M.

    Die Norne

    Voorskou: As wense perde was

    Voorskou: ‘n Gotiese Kers Engel

    Voorskou: Swaard van die gode

    Net ‘n Oomblik, Asseblief …

    Oor die Skrywer

    Ander Boeke deur Anna Erishkigal

    Kopiereg

    Toewyding

    Hierdie boek is toegewy aan Oom Hubert, ‘n gawe man wat sy lewe toegewy het aan die onderhoud van klein maar betekenisvolle dingetjies. Ons is seker dat die hemel ‘n beter plek gaan wees met jou daar om die ratte olie te gee.

    Marae se Reis

    Hoofstuk 1

    Die horlosie het op 3:57 n.m. op Woensdag, die 29ste Januarie gestop. Dit was andersyds ‘n dood normale dag, gevul met die bekommernis of ek dit betyds tot by biblioteek van die universiteit, gesprei oor twee riviere, sou maak om ‘n termyn taak na te vors. Daar was geen sin van verlies of oorweldigende vrees nie - twee emosies waarmee ek al lewenslank mee saam leef – net die gevoel dat ek skielik nie meer tyd oor gehad het nie. Ek het seker meer as twintig keer na my horlosie gekyk voor ek agter gekom het dat die muurhorlosie die toekoms betree het terwyl die horlosie op my gewrig nog op 3:57 n.m. was.

    Ek het deur die venster gestaar terwyl die bus verby die tekstielfabriek wat bo Losieshuispark uitstrek soos ‘n enorme rooi-steen vesting. ‘n Jagter-groen paviljoen het verlate in ‘n kleed van sneeu gestaan met ‘n delikate ys front wat in die traliewerk geblink het soos die trane van ‘n engel. Jos het my eenkeer soontoe geneem om na ‘n konsert te luister – een van daardie gratis vertonings – toe dit nog warm genoeg was om buite te sit. Ek het my vuis teen my bors vasgeklem en myself geforseer om deur die oorkantste venster te kyk en voor te gee ek stel belang in die Stadsmagnaat Skool, net sodat die geplooide ou Viëtnamese man wat oorkant my gesit het nie sou dink ek staar na hom nie.

    Die bus het om die hoek gedraai, verby ‘n ry drie-verdieping losieshuise wat heeltemal uit plek gelyk het in ‘n stad wat uit winkelvensters en kantoorruimtes bestaan het. Gedurende die Industriële Revolusie het ‘n hele generasie van vroue hulle plase gelos om in die tekstielfabrieke te kom werk, nes jong mense deesdae hul klein dorpies los om na universiteite te kom wat riviere oorspan. Daar was toe, soos nou, werk te bekom in die massiewe baksteen geboue langs die kanale wat deesdae produkte met ‘n meer hoëtegnologiese, wetenskaplike en ingenieurs-inslag vervaardig.

    Ek het met die horlosie gepeuter en myself herinner dat my besluit ‘n sinvolle een was. Ek het stad toe gekom om ‘n beter lewe te verseker, om die ‘jonk trou en teveel kinders’ lokval wat my ma gevang het te vermy. Ek was ‘n eersteklas student met ‘n soliede werkstudie agtergrond. Ek was maar twee en twintig. My hele toekoms was vooruit beplan. Ag tog, hoekom? Hoekom

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1