Rapport

Bitter daisies

Ma Bybie Danster is dood. Ma is van Koeboes se karretjiemense van die tyd toe vensters klein was, skaapvelle sag soos borste, en van brood in ’n klei-oond gebak. Die tyd van dans om ’n skermvuur en voetpad loop na Rachelse-wasklip in die Doringrivier.

Die dag ná Ma Bybie se dood is Kato Danster vroegoggend op. Sy pak hardebrood in haar knapsak, knoop haar kind op haar rug en die witbok los van die vyeboom, en roep die hond uit die skerm. Sy kyk nie om soos die halfmense toe sy wegloop van Ma Bybie se werf nie.

By die Kamiesberge maak sy staning in ’n kol pietsnotte en kook lamsknatertjies. Toe trek sy verder, Soebatsfontein en Rietpoort langs, tot by Maskam wat soos ’n hoender op die Knersvlakte hurk.

Kato is so maer soos ’n sening en so taai soos ’n ratel in ’n bynes. Sy steek ’n stuk veld aan die brand sodat die uintjies weer kan groei. Smiddae gaan maak sy haar bene reguit op die winkelstoep. Sy gee haar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport1 min read
SA Se Nuwe Koningin!
Shudufhadzo Musida is gisteraand gekroon as die nuwe Mej. Suid-Afrika. Die 23-jarige Shudu, soos haar ondersteuners haar noem, het ’n BA-graad in politiek, filosofie en ekonomie (PPE) van die Universiteit van Pretoria. Sy het grootgeword in Ha-Masia
Rapport2 min read
Bohaai Oor ‘Een Keer’ Se Video
Katlego Maboe se gewese lewensmaat, Monique Muller, sê sy weet nie hoe ’n video waarop sy hom oor sy ontrouheid konfronteer die afgelope week op sosiale media beland het nie. Die video van ’n beteuterde Maboe in ’n donker japon wat bieg dat hy by ’n
Rapport3 min read
Valke Bieg: Ons Hét Boere Se Dossier Oor Diewe Gekry
Twee weke nadat die Valke gesê het hulle dra geen kennis van ’n “dossier” oor die polisie se beweerde betrokkenheid by veediefstalsindikate in Senekal en Paul Roux nie, het die Valke er-ken ’n luitenant-kolonel in hul diens sit al sedert November met

Related