SOUT
“Swaarkry leer jou jou eie agterkop sien, Anna.” Soos wat Violet Visagie se hare 34 jaar gelede met ’n skêr geknip is, so word dit steeds in September 2019 gedoen. Haar hare is dunner en gryser, maar die armblankestyl het nooit verander nie.
Die koekblik waarmee Violet by die agterdeur inkom, is die een waaruit sy dekades gelede jodium, Aspro’s, kasterolie en pienk rekpleister opgediep het.
“Ek het gedink ek kom vanoggend maar vroeg, Lien. Jou ma se been het gister nie vir my lekker gelyk nie. Ek het jodium gebring, julle s’n is op.”
Ma Anna het destyds voorgestel dat sy en Violet mekaar se hare sny. Hul planne is gefnuik. Die lewe het sy gang gegaan aan weerskante van die draadheining met die bure-hekkie tussen die twee dwarslêers. Links en regs van die nie-identiese betonblokke — die linkerpaal se voet deur pa Rudolf gemeng en gegiet, dié van die regterkantse een die eindproduk van ou Gert Sugte se sweet en moeite — was daar kroep en kopluise, tand-absesse, termiete onder die plankvloere, waterpype wat in die winterkoue bars, karre wat ná padongelukke by die werf ingesleep word, bruide wat trourokke kom aanpas, geelperskes en kwepers om in te lê, Fienatjie se geboorte, en al die waaroms en hoekoms van haar baba- en kleuterjare. Daar was die tyd toe alles eintlik net om Fienatjie gedraai het.
Violet het nooit gewoond geraak aan die kind in die stootwaentjie waarin haar en Gert Sugte se vyf ouer kinders deur die bure-hekkie in ma Anna-hulle se erf ingeskommel gekom het nie. Maar sy het Fienatjie
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days