’N HAND VOL VERE
Dalk sal Andries haar môre die leisels laat vashou, dink Kietie. Sy kerm elke dag by hom, maar hy sê dis nie net vir leisels vat nie. As ’n mens leisels wil vat, moet jy kan lei, sê hy. Reg lei. Sy verstaan dit nie. Die donkies stap in elk geval altyd gedweë padlangs tot by die skooltjie anderkant Langpiet se afdraai en gaan vanself by die kareeboom voor die hek staan sodat sy en Mart kan afspring en hul boeksakke gryp. Daar wag die donkies weer elke middag saam met Andries wanneer dit huistoegaantyd is.
Kietie wonder of Mart ook Juffrou De Lange se woorde van vroeër onthou. Dit galm nog die hele dag in haar kop en sy sien telkens weer die woedende gesig:
“Dat julle twee niggies is, Kietie, gaan my verstand te bowe! Kyk na Mart! Het jou ma jou niks geleer nie?”
JUFFROU IS REG, DINK KIETIE. HAAR MA HET HAAR NIKS GELEER NIE. HAAR MA BLY OP DIE DORP EN IS MATRONE BY DIE KOSHUIS VIR DIE GROOT KINDERS
Sy kyk om na waar Mart netjies op die bankie langs Andries sit, haar dik swart vlegsels nog blink en glad ná die besige skooldag. Die skoolhoof het haar ’n standerd laat oorslaan en hulle is nou in dieselfde klas, al is sy jonger
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days