My grootword en groeityd in die Vaaldriehoek was besig. Altyd aan die hardloop. Drie van my eie kinders en twee aangeneem strek oor baie jare van kinders groot maak.
Ek was 'n besige mens en in 201...view moreMy grootword en groeityd in die Vaaldriehoek was besig. Altyd aan die hardloop. Drie van my eie kinders en twee aangeneem strek oor baie jare van kinders groot maak.
Ek was 'n besige mens en in 2015 het ek kanker gekry.
Skielik was ek siek, moeg en uitgeput. Ek het 'n kortverhaal vir 'n kompetisie geskryf en gewen. Dit was aansporing om meer te skryf.
Salvokop is my eerste vollengte roman wat die lig sien, alhoewel nie my eerste boek nie.
Ek dank die Heer vir hierdie laat jeug en borrelende vreugde om net te wil skryf.
Ek hoop elkeen wat Janetta se pad saam met haar stap gaan haar net so geniet as wat dit vir my was om haar te skep.
Ina Cantoniview less