Laataand staan ek my tande en borsel, en gewaar ’n vismot in die bad. Hy (of sy) hol al met die bad se gladde wande langs in ’n poging om uit te klim. Franties, dalk selfs wanhopig. Wie weet watse emosies daar in ’n vismotgemoed gaande is.
Maar die hollery bly vergeefs, want sy pootjies bly gly. Sal ek hom help, wonder ek? Moenie simpel wees nie, betig ek myself, ’n vismot is dan nou