Tuis

Skeppend met deeg

Stap vir stap

CHAKALAKA-BROODKRANS

Al lyk dié skepping alte indrukwekkend, is dit eintlik verspot maklik.

Genoeg vir 1 groot kransVoorbereiding: 15 minute Baktyd: sowat 40 minuteOondtemperatuur: 180 °C

650 g bereide brooddeeg
1 blik (400 g) matige chakalaka
250 ml gerasperde cheddarkaas
vars basilie, koljander en botter, om voor te sit

1 Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak tot ’n groot reghoek van 30 x 40 cm. Ek werk graag op bakpapier sodat ek die klaar gevormde brood met behulp van die papier tot op die bakplaat kan skuif. Smeer die chakalaka eweredig oor die oppervlak van die deeg en strooi die kaas ook oor.

2 Rol nou die deeg van een lang sy af op soos ’n dun rolkoek.

3 Sny met ’n skerp mes die rol oor die lengte in die helfte sonder om deur die een punt te sny en draai die twee helftes oor mekaar. Vorm in ’n sirkel en knyp die punte bymekaar sodat dit ’n krans vorm.

4 Sit die broodkrans op ’n gesmeerde bakplaat en bedek liggies met gesmeerde kleefplastiek of ’n teedoek. Laat die brood vir sowat 20 minute rys terwyl die oond voorverhit.

5 Bak die brood tot goudbruin en gaar (sowat 40 minute) en sit dit warm voor met botter.

Stap vir stap

GEKNOOPTE BROODROLLETJIES

Dié veelsydige rolletjies is lekker met botter, kaas en heuning, of span dit in vir mini-burgers gevul met ’n gebraaide vleisie en koolslaai.

Maak 10-12 rolletjies
Voorbereiding: 45 minute, plus rystyd
Baktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

4 x 250 ml meel, plus ’n bietjie ekstra vir die knie
10 g kitsgis
30 ml suiker
5 ml sout
250 ml louwarm water
60 ml ongegeurde jogurt
1 eier
60 ml olyfolie, plus ekstra vir smeer

GLASEERSEL

1 eiergeel, geklits
15 ml melk
sesamsaad of kruietakkies (opsioneel)

1 Meng die meel, gis, suiker en sout in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel en voeg die nat bestanddele by. Meng die deeg met jou hand in die mengbak totdat dit bymekaarkom. Keer die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie verder tot glad en elasties – sowat 10 minute (hou moed, dit is die moeite werd!).

2 Sit die deeg in ’n skoon mengbak wat met olyfolie gesmeer is en smeer ook ’n bietjie olyfolie bo-oor die deeg. Bedek met kleefplastiek en laat dit op ’n warm plek rys tot dubbel die volume. Onthou, omdat hierdie ’n verrykte brooddeeg met jogurt en eier is, kan dit ’n bietjie langer neem om te rys as gewone brooddeeg.

3 Verdeel die deeg in 10-12 ewe groot balletjies. Smeer jou hande en die oppervlak waarop jy werk met ’n bietjie olyfolie om te keer dat die deeg vassit. Druk die balletjies een vir een plat en sny in 3 stroke, sonder om deur die boonste punt te sny. Vleg die deegstroke en vou die vlegsel toe in ’n rolletjie. Rangskik die rolletjies met hul naatkante na onder op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.

4 Bedek die rolletjies weer met ’n vel kleefplastiek en laat dit rys vir sowat 30 minute of tot verdubbel in volume. Klits die eiergeel en melk saam en verf dit versigtig oor die rolletjies. Strooi sesamsaad of kruietakkies oor as jy wil vir die mooi. Voorverhit die oond betyds sodat dit saam met die gerysde rolletjies gereed is en bak die broodjies vir sowat 15-20 minute of tot goudbruin en gaar.

Stap vir stap

PLATBROODJIES MET LAM

Maak 8 broodjiesVoorbereiding: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute vir die vulsel en 4 minute per sarsie vir die broodjies (36 minute altesaam)

olie vir vlakbraaisuurlemoenwiggies en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af
Tuis1 min read
Tuis
REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Algemene navrae Yumna Tofey yumna.tofey@media24.com • 021 406 4552 REDAKSIE Artikelredakteur Beatrice Moore-Nöthnagel beatrice.nothnagel@media24.com Kreatiewe reda
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar

Related