Weg!

Wanneer laas…

nuut

Melkkos

Ek het nie met melkkos grootgeword nie, maar as grootmens by die kerkbasaar leer liefkry. Ek hou van rowwe snippertjies deeg eerder as netjiese snysels, maar solank baie kaneelsuiker daaroor gestrooi word, is die presiese formaat van die deegkomponent bysaak. Dis pure vertroosting in ’n bakkie.

Genoeg vir 6 | Voorbereityd 20 minute Gaarmaaktyd 15 minute

Jy benodig

• 1 koppie koekmeel, gesif
• sowat ½ koppie meel ekstra
• ’n knippie sout
• 1 eetlepel sagte botter
• 2 eetlepels koue water
• 2,5 ℓ melk
• 2 kaneelstokkies
• ’n reep droë lemoenskil
• sowat 1 koppie suiker
• kaneelsuiker na smaak
• ’n paar druppels suurlemoengeursel (opsioneel)

Só maak jy

1 Vryf die botter by die meel en sout in totdat dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg die water bietjie-bietjie by en meng tot ’n stywe deeg vorm. Knie dit op ’n meelbestrooide oppervlak tot glad en rol dit dan dun uit. Strooi ’n dik laag meel bo-oor en rol die deeg styf op soos ’n pannekoek met die dik laag meel tussenin.

2 Kerf met ’n skerp messie baie dun frummels van die “pannekoek” af. Sit die frummels in ’n bakkie met nog ekstra meel terwyl jy die res sny, en roer dit kort-kort met ’n vurk soos jy nog frummels byvoeg.

3 Bring die melk tot kookpunt met die kaneelstokkie en lemoenskil daarin. Roer die suiker by totdat dit opgelos is. Strooi die snysels geleidelik by die melk terwyl jy deurgaans met ’n ballonklitser roer. Laat kook vir sowat 3-5 minute tot lekker dik. Verwyder van die hitte en roer die suurlemoengeursel by. Sit voor met ekstra kaneelsuiker na smaak.

Biltongmuffins

Hierdie muffins is die ideale padkosontbyt vir wanneer julle voordag al moet vertrek. Dis lekker soutig en maklik om so in die ry te hap.

Vir 4-6 | Voorbereityd 20 minute Gaarmaaktyd 35 minute | Oondtemperatuur 180 °C

Jy benodig

• 2 eetlepels botter• 150 g• 4 sprietuie, fyngekap• 1¼ koppie meel• 1 teelepel bakpoeier• ¼ teelepel koeksoda• ’n knippie sout• 1 koppie beleë cheddar, fyngerasper• 1 koppie fyn biltong• ½ koppie karringmelk• 2 eetlepels olyfolie• 1 eier

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit

Related