Huisgenoot

Webwenresepte

AARBEI-OLIEBOLLE

Oliebolkettingwinkels skiet oral op en tuisbakkers beproef ál meer hul eie weergawes van dié lekkerny. Gebruik ’n basiese deegresep en vul of versier jou oliebolle na hartelus!

Ons gebruik dieselfde deegresep as die een vir die kaneelrolletjies (op bl. 30).

LEWER ONGEVEER 18 OLIEBOLLE (AFHANGEND VAN DIE GROOTTE)

RYS: 1 UUR 30 MIN.

BRAAI: 30 MIN.

1 x kaneelrolletjiedeeg olie, vir diepvetbraai
125 ml (½ k) strooisuiker, vir rol

VULSEL

125 ml (½ k) room
125 ml (½ k) sagte roomkaas
45 ml (3 e) strooisuiker’n paar druppels pienk voedselkleursel

VIR AFRONDING

vars aarbeie, in skyfies gesny, of eetbare roosblare

1 Berei die deeg voor volgens die aanwysings. Rol dit 3 cm dik uit en druk met ’n glas of koekdrukkers sirkels uit die deeg – kies die grootte wat jy wil gebruik mooi; die deeg sal nog verdubbel in grootte.

2 Pak die deegsirkel op ’n meelbestrooide oppervlak of skinkbord. Bedek met ’n doek en laat rys 30 min.

Verhit die olie in ’n diep pan of kastrol. Braai die oliebolle in sarsies tot goudbruin, uitgepof en deurgaar – verlaag

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Regte ‘Chemistry’ Én Op TV
Dié twee ken mekaar al dekades lank, tog was dit eers onlangs dat VINETTE EBRAHIM en CEDWYN JOEL sáám op stel beland het – en toe nie net vir een reeks nie, maar sommer twee. In die Showmax-dramareeks Koek speel Vinette en Cedwyn ’n ougetroude paartj
Huisgenoot2 min read
Die Aarde Se ‘Tweede Maan’
DAAR word al baie jare bespiegel dat die Aarde dalk meer as een maan het. Verskeie van die natuurlike satelliete wat naby die Aarde se wentelbaan voorkom, is al voorgestel as moontlike mane, maar nie een is al bevestig nie. Een van die moontlikhede,
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related