Huisgenoot

BAK MET GEMAK

SJOKOLADE MODDERKOEK

LEWER 1 MIDDELSLAG-KOEK

BEREIDING: 20 MIN.

BAK: 35-40 MIN.

◗ 200 g botter
◗ 160 g donkersjokolade, gekap
◗ 3 eiers
◗ 180 ml (¾ k) ligbruinsuiker
◗ 60 ml (¼ k) sterk koffie
◗ 15 ml (1 e) vanieljegeursel
◗ 250 ml (1 k) bruismeel, gesif
◗ ’n knippie sout

VERSIERSEL

◗ 80 g donkersjokolade, fyngekap
◗ 80 ml (k) room

Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer ’n ronde 20 cm-koekpan met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

1 Plaas die botter in ’n kastrol en verhit tot gesmelt. Verlaag die hitte, voeg die sjokolade by en roer tot gesmelt. Verwyder van die hitte.

2 Klits die eiers en suiker saam. Giet die koffie bietjies-bietjies by terwyl jy aanhoudend klits.

3 Klits ’n derde van die sjokolademengsel by die eiermengsel in – klits steeds aanhoudend. Voeg die res van die sjokolademengsel en vanielje by en klits goed saam.

Voeg die meel en sout by en meng met ’n houtlepel tot net gemeng. Skep die beslag in die bereide koekpan en bak 35-40 min. of tot gaar maar nog

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Regte ‘Chemistry’ Én Op TV
Dié twee ken mekaar al dekades lank, tog was dit eers onlangs dat VINETTE EBRAHIM en CEDWYN JOEL sáám op stel beland het – en toe nie net vir een reeks nie, maar sommer twee. In die Showmax-dramareeks Koek speel Vinette en Cedwyn ’n ougetroude paartj
Huisgenoot2 min read
Die Aarde Se ‘Tweede Maan’
DAAR word al baie jare bespiegel dat die Aarde dalk meer as een maan het. Verskeie van die natuurlike satelliete wat naby die Aarde se wentelbaan voorkom, is al voorgestel as moontlike mane, maar nie een is al bevestig nie. Een van die moontlikhede,
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related