Huisgenoot

SPOGKOEKE VIR DIE LENTE

BRUINBOTTERSPRINGMIELIEKOEK

Ons verhit die botter in ’n kastrol tot dit begin verbruin. Dit verg wel ekstra moeite, maar die neuterige geur van hierdie dekadente laagkoek maak dié resep ekstra spesiaal.

LEWER 1 MIDDELSLAG-LAAGKOEK

BEREIDING: 45 MIN.

STAAN: 2 UUR OF OORNAG

AFKOEL: 3-4 UUR

BAK: 50-60 MIN.

KOEK

◗ 250 g botter
◗ 250 ml (1 k) strooisuiker
◗ 5 ekstragroot eiers
◗ 10 ml (2 t) vanieljegeursel
◗ 500 ml (2 k) koekmeel
◗ 2,5 ml (½ t) sout
◗ 2,5 ml (½ t) bakpoeier
◗ 15-30 ml (1-2 e) melk

VERSIERSEL

◗ 250 g sagte botter
◗ 750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
◗ 5 ml (1 t) karamel-of vanieljegeursel
◗ 10-15 ml (2-3 t) melk
◗ ’n knippie seesoutvlokkies

AFRONDING

◗ 500 ml (2 k) karamelspringmielies of gesoute springmielies
◗ ’n knippie seesoutvlokkies

Voorverhit die oond tot 160 °C. Bespuit ’n groot broodpan of ’n vierkantige 23 cm-koekpan goed met kossproei en voer die bodem met bakpapier uit.

1 Koek Sit die botter in ’n klein kastrol en verhit oor matige hitte. Verhit tot gesmelt, verlaag die hitte en laat die botter stadig prut tot dit ligbruin verkleur. Giet die botter in ’n glasbak of-fles en laat minstens 2 uur of tot weer gestol eenkant staan.

Skep die gestolde botter in ’n groot mengbak en klits met ’n elektriese klitser tot glad. Voeg die suiker

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Regte ‘Chemistry’ Én Op TV
Dié twee ken mekaar al dekades lank, tog was dit eers onlangs dat VINETTE EBRAHIM en CEDWYN JOEL sáám op stel beland het – en toe nie net vir een reeks nie, maar sommer twee. In die Showmax-dramareeks Koek speel Vinette en Cedwyn ’n ougetroude paartj
Huisgenoot2 min read
Die Aarde Se ‘Tweede Maan’
DAAR word al baie jare bespiegel dat die Aarde dalk meer as een maan het. Verskeie van die natuurlike satelliete wat naby die Aarde se wentelbaan voorkom, is al voorgestel as moontlike mane, maar nie een is al bevestig nie. Een van die moontlikhede,
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related