Weg!

Smul aan 'n noenontbyt

Franseroosterbroodgebak met grondboontjiebotter en kaneel

Genoeg vir 8Voorbereityd 15 minuteGaarmaaktyd 25 minute

Jy benodig

• ’n groot klont botter
• 1 winkelwitbrood
• sowat ’n ½ koppie grondboontjiebotter (crunchy)
• 6 eiers
• 1½ koppie volroommelk
• 1 blik kondensmelk
• ’n ½ teelepel kaneel

Só maak jy

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n vlak oondbak met botter. Maak grondboontjiebottertoebroodjies van die hele brood. Sny die korsies af en sny elke toebroodjie in 3 vingers. Rangskik die broodvingers knus teen mekaar in die oondbak met die gesnyde kante na bo.

2 Klits intussen die eiers, melk, ’n ½ koppie kondensmelk en kaneel saam tot ’n vla. Giet die helfte van die vla versigtig oor die broodsnytjies. Laat staan vir 15 minute. Draai die broodvingers een vir een om en giet die res van die vla oor. Laat staan weer terwyl jy wag dat die oond warm word.

Bak die pan vir sowat 25 minute tot die vla net-net gestol in die middel is en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit

Related