Tuis

Vat ’n pakkie maalvleis…

Gevulde konsertina-eiervrug met krummels en kruie

As ek dink aan blink, pers eiervrug, tower dit ’n Italiaanse kosmark in my geestesoog op!

Maak 4 ruim porsies  Voorbereiding: 40 minute  Gaarmaaktyd: 1 uur, 10 minute  Oondtemperatuur: 180°C

 4 mediumgroot eiervrugte
 30ml sout
 500g maalvleis
 1 klein ui, gerasper
 125ml droë broodkrummels
 80ml parmesaankaas
 15ml gekapte platblaarpietersielie
 5ml gedroogde basilie
 3 ansjovisfilette, gekap
 1 eier
 2 lourierblare, gekap
 500ml pomodorosous
 500ml witsous (maak self of koop klaar)
 125ml broodkrummels
 125ml ekstra parmesaankaas
 ’n hand vol vars basilieblare as garnering

1 Maak die konsertina-eiervrugte deur die blink lywe in 1cm-skywe te sny sonder om reg deur te sny. Geur oraloor met fyn sout en laat sweet sowat 15 minute in ’n vergiettes.

2 Kombineer intussen die maalvleis met die ui, broodkrummels, parmesaankaas, pietersielie, basilie, ansjovis, eier en lourier tot net gemeng. Die parmesaan en ansjovis is sout genoeg, so moenie ekstra byvoeg nie.

3 Voorverhit die oond. Druk die eiervrug goed droog en vee enige oortollige sout af. Vul nou die openinge tussen die eiervrugskywe met die maalvleis.

4 Giet die tamatiesous onderin ’n vuurvaste oondbak en pak die knuppeldik eiervrugte daarin. Skep die witsous oor en strooi die krummels en ekstra parmesaankaas oor. Bedek die bak met ’n deksel of foelie en bak vir 1 uur.

5 Maak die bak oop en rooster nog 15 minute totdat die bolaag goudbruin is. Strooi die vars basilie oor en sit voor.

Maalvleis met bravastamatiesous en chorizo

My Spaanse weergawe van ’n Italiaanse bolognese is net

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
Hallo!
Jare gelede, voor ’n eindelose musiekbiblioteek op die internet beskikbaar was, was my man, Allister, die meester van die “mixed tape”. Hy sou elke liedjie met groot sorg uitsoek en dit opneem, en my dan oorrompel met sy fyn aangepaste speellys wat t
Tuis13 min read
Geniet Meer Groente
Gekaramelliseerde uie neem lank en is ’n liefdestaak wat ’n haastige mens liewer nie moet aanpak nie! Skink ’n glas wyn en geniet die heerlike aromas terwyl jou uie stadig braai. Maak 4 burgers • Voorbereiding: 45 minute • Gaarmaaktyd: 1 uur • 30 ml
Tuis25 min read
Vat ’n Pakkie Maalvleis …
’n Skeppie soet tamatieblatjang maak dié outjies nog lekkerder! Genoeg vir 4 • Voorbereiding: 20 minute • Gaarmaaktyd: 8 minute • 600 g beesmaalvleis• 100 g salamiskyfies, fyngekap• 125 ml droë broodkrummels (ons het panko gebruik)• 60 ml fyngerasper

Related