Tuis

Vuurwarm TREFFERS

Skenkels met tamatie en rissie

Skenkels wat so lekker lepellê in ’n geurige sous is die perfekte oordaad vir twee. Of vlok die vleis en meng dit deur die sous vir ’n gesin van vier.

Genoeg vir 2 oordadige porsies Voorbereiding: 25 minute Gaarmaaktyd: 3 uur Oondtemperatuur: 180°C

 30ml olie
 2 x 400g-lamskenkels
 1 groot ui, in wiggies gesny
 250ml bier
 2cm gemmerwortel, geskil en gerasper
 2cm borriewortel, geskil en gerasper
 2 knoffelhuisies, gekap
 2 stukke kassia of 1 stuk pypkaneel
 1 groen brandrissie, gekap
 1 steranyspeul
 1 takkie kerrieblare, as jy het
 1 blik (400g) tamatiepuree
 5ml suiker
 200g sampioene, gekap
 15ml garam masala
 200g geroosterde kersietamaties, opsioneel

1 Verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die lamskenkels goed bruin oraloor. Roer die uie by, braai vir nog ’n minuut en geur nou mildelik met sout en peper. Roer die bier by, skraap al die bruin deeltjies op die bodem los en laat prut tot die vloeistof met die helfte ingedamp het.

2 Skep die skenkels en pansous oor in ’n diep oondbak en voeg die res van die bestanddele, behalwe die garam masala en kersietamaties, by. Bedek en rooster rustig in die oond vir 2 uur.

Haal die deksel af, roer die garam masala by die sous en proe of daar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis4 min read
Trek In En Maak Reg!
WIE WOON HIER? Gill AlldermanWAAR Kommetjie, Wes-KaapGROOTTE 442 m2 Gill se mandjieversameling in die kombuis (oorkant ) en sitkamer (sien ook bl. 67) bring tekstuur in en komplementeer die seegrasmat op die trap na die biblioteek en slaapkamers op
Tuis3 min read
Diere-maniere
Watter een van dié drie is Gucci die dwergpoedel? – Mari Viviers, Paarl Tansy en Teagan geniet mekaar se geselskap. – Chandré de Wit, George Chloe die Ragdoll-katjie verlustig haar in die geur van die dahlias. – Penny Mowbray, Gqeberha Mossel stel ’n
Tuis2 min read
Ons Lesers Sê
Melissa van der Colff van Upington skryf Dankie aan Tuis vir die artikel “Gelukkige sonvangers” (Desember 2022 | Januarie 2023). Kort daarna was dit vir ons geliefde ma, Malinda van der Colff, tyd om ons te groet. Haar tuin was haar lewe en die art

Related