Tuis

6 trotse BURGERS

Bief-en-salami-kaasburgers

’n Skeppie soet, tuisgemaakte tamatieblatjang maak dié outjies nog lekkerder!

Genoeg vir 4
• Voorbereiding: 20 minute
• Gaarmaaktyd: 8 minute

• 600 g beesmaalvleis

• 100 g salamiskyfies, fyngekap

• 125 ml droë broodkrummels (ons het panko gebruik)

• 60 ml fyngerasperde parmesaankaas

• ’n paar takkies vars origanum, blaartjies gestroop

• 1 eier

• 45 ml grofgemaalde swartpeper (opsioneel)

• olyfolie vir vlakbraai

• 4 skyfies cheddarkaas

• 4 groot sesam- of brioche-rolletjies, gerooster

• mayonnaise, vars tamatieskyfies, blaarslaai, agurkieskyfies en tamatieblatjang (resep regs) om voor te sit

1 Meng die maalvleis, salami, broodkrummels, parmesaan, origanum en eier. Geur die mengsel liggies met sout (onthou, die salami en parmesaan is reeds sout) en vorm dit in 4 ewe groot vleiskoekies net groter as jou broodjies. Rol die rand van elke vleiskoekie in die grofgemaalde peper – maak seker dit sit mooi vas.

Verhit ’n pan tot warm. Giet ’n skeut olie in die warm pan en braai die vleiskoekies vir ’n paar minute aan die een kant. Loer, maar moenie omdraai voor dit ’n lekker kors gevorm het nie. Draai om en braai die koekies verder tot die ander kant ook ’n mooi kors het. Draai die hitte laer, plaas ’n skyfie kaas op elke vleiskoekie en sit die deksel so ’n paar minute lank op die pan sodat die kaas kan smelt en die koekies verder gaar stoom.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis3 min read
Kos Is Op Die Tafel!
Onder R175 • Genoeg vir 4 • Voorbereiding: 25 minute Gaarmaaktyd: 30 minute • Oondtemperatuur: 200 °C • 1 klein ui, gerasper• 5 ml mosterdpoeier• 5 ml vleisspeserye (jou gunsteling)• 60 ml droë broodkrummels• 60 ml gerasperde parmesaan• 30 ml gekapte
Tuis3 min read
VAN goeters EN VAN VERGAAN
Ek het ’n swak vir rommelwinkels en loop baie moeilik verby. Al my lewe lank. Soms sal ek ure vertoef, iets optel en neersit en wonder. Iets soos ’n skewe ou geelkoper-blompotjie wat ek op ’n stowwerige rak tussen ou ketels en stukkende broodroosters
Tuis4 min read
Pienk SPEL PRET EN PLESIER!
DIE EIENAAR Victoria (Tori) DuckittWAAR Tamboerskloof, KaapstadGROOTTE 68 m² Daar’s nou maar eenmaal iets aan dofpienk: Dis gedemp, elegant en vroulik; ’n tydlose skakering wat nooit teleurstel nie. En dis juis hoekom Tori Duckitt dié kleur vir omtre

Related