Tuis

Vat ’n pakkie maalvleis …

BIEF-EN-SALAMI-KAASBURGERS

’n Skeppie soet tamatieblatjang maak dié outjies nog lekkerder!

Genoeg vir 4Voorbereiding: 20 minuteGaarmaaktyd: 8 minute

600 g beesmaalvleis
100 g salamiskyfies, fyngekap
125 ml droë broodkrummels (ons het panko gebruik)
60 ml fyngerasperde parmesaankaas
’n paar takkies vars origanum, blaartjies gestroop
1 eier
45 ml grofgemaalde swartpeper (opsioneel)
olyfolie vir vlakbraai
4 skyfies cheddarkaas
4 groot sesam- of brioche-rolletjies, gerooster
mayonnaise, vars tamatieskyfies, blaarslaai, agurkieskyfies en tamatieblatjang om voor te sit

1 Meng die maalvleis, salami, broodkrummels, parmesaan, origanum en eier. Geur die mengsel liggies met sout (onthou, die salami en parmesaan is reeds sout) en vorm dit in 4 ewe groot vleiskoekies net groter as jou broodjies. Rol die rand van elke vleiskoekie in die grofgemaalde peper – maak seker dit sit mooi vas.

2 Verhit ’n pan tot warm. Giet ’n skeut olie in die warm pan en braai die vleiskoekies vir ’n paar minute aan die een kant. Loer, maar moenie omdraai voor dit ’n lekker kors gevorm het nie. Draai om en braai die koekies verder tot die ander kant ook ’n mooi kors het. Draai die hitte laer, plaas ’n skyfie kaas op elke vleiskoekie en sit die deksel so ’n paar minute lank op die pan sodat die kaas kan smelt en die koekies verder gaar stoom. Dié sappige burgers is heerlik as dit nog ’n effens pienk skynsel aan die binnekant het (soos goeie steak), maar oordeel self. Die gaarmaaktyd gaan afhang van die grootte van die koekies en die hitte van die pan.

3 Bou die burgers deur eers mayonnaise op die geroosterde rolletjies te smeer. Sit dan ’n lagie tamatie, blaarslaai en agurkies op die onderste rolletjiehelfte. Sit ’n vleiskoekie bo-op en skep ’n ruim lepel tamatieblatjang oor voor jy die boonste rolletjiehelfte opsit en weglê.

Stap vir stap

BOLOGNESE OP SY BESTE

Dié resep se algehele gaarmaaktyd is dalk lank, maar die voorbereiding is soos blits en, as jy porsies van die verleidelike sous vries, kan jy ’n fantastiese bolognese binne 20 minute voorsit. Pronto! Hierdie is my weergawe van die Italiaanse ikoon Marcella Hazan se resep – met ’n paar ekstras soos spek, vars kruie en knoffel – proe self.

Genoeg vir 1 kg pastalinte (sowat 12 porsies)Voorbereiding: 30 minuteGaarmaaktyd: 3 uur en 20 minute

30 ml elk olyfolie en botter
1 groot ui, gekap
2 vet wortels, gekap
2 stingels seldery, gekap
2 lourierblare, ’n takkie pietersielie en 3 takkies tiemie
1 kg beesmaalvleis
500 g varkmaalvleis
250 g spek, gekap
1 of 2 huisies knoffel (opsioneel)
250 ml volroommelk
’n goeie skeut gerasperde neutmuskaat
250 ml droë wit- of ligte rooiwyn
800 g geblikte heel pruimtamaties
60 ml tamatiepasta
gerasperde parmesaankaas om voor te sit
vars basilieblare (opsioneel)

Waarom heel tamaties?

Heel tamaties is minder verwerk as gekapte tamaties, wat beteken dit behou meer van die natuurlike tamatiegeur en -soetigheid.

Sit die bolognesesous voor

op ’n bed gebotterde pastalinte, met varsgemaalde swartpeper en gerasperde parmesaankaas bo-oor. Vars basilie uit die tuin lyk en smaak vir my heerlik, maar is nog een van daardie ekstra bestanddele wat nie tradisioneel nodig is nie. Laat alternatiewelik die sous heeltemal afkoel en vries in porsies. Ontvries oornag in die yskas voor gebruik.

1 Smelt die olie en botter saam in ’n groot dikboomkastrol, voeg die groente by en braai dit rustig oor matige hitte tot sag en glansend (sowat 5 minute). Voeg die kruie by.

2 Roer die maalvleis en spek by die pot en braai vir ’n paar minute saam tot die vleis begin verbruin. Jy kan die hitte vir hierdie stap verhoog. Breek die vleis deurgaans met ’n spaan in kleiner stukkies. Geur nou mildelik met sout en swartpeper na smaak. As jy hou van knoffel, kan jy nou ’n grofgekapte huisie of twee byvoeg.

3 Roer die melk by en laat prut saam tot die melk so te sê verdwyn het. Roer die neutmuskaat by.

Roer die wyn van jou keuse by en kook weer so te sê droog. Ek vind

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af
Tuis1 min read
Tuis
REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Algemene navrae Yumna Tofey yumna.tofey@media24.com • 021 406 4552 REDAKSIE Artikelredakteur Beatrice Moore-Nöthnagel beatrice.nothnagel@media24.com Kreatiewe reda
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar

Related