Landbouweekblad

WORSEN MAALVLEIS

Spek-en-kaasburgers met jalapeño’s

BEESVLEISKOEKIES

• 500 g beesmaalvleis
• 250 ml vars witbroodkrummels
• Halwe ui, gerasper
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 125 ml gekapte vars pietersielie
• 1 eier
• 30 ml worcestersous
• Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

BURGERS

• 6 dik snye cheddarkaas
• 6 stukke geroosterde bladspek
• 6 hamburgerrolletjies, oopgesny en liggies gerooster
• Botter, vir smeer
• 30 ml suurroom of knoffelmayonnaise
• Hand vol slaaiblare
• Paar stukkies dungesnyde jalapeñorissies

Meng al die bestanddele vir die vleiskoekies goed saam en verdeel in 6 ewe groot porsies. Vorm frikkadelle en druk elke frikkadel redelik plat tot vleiskoekies wat op die rolletjies sal pas. Braai die vleiskoekies in ’n pan of oor die kole tot gaar na smaak.

Sodra die vleiskoekies van die hitte af kom, sit die snye kaas op sodat die hitte van die vleis die kaas sag kan maak en laat smelt. Sodra die kaas begin smelt, sit ’n stuk geroosterde spekvleis op. Smeer die hamburgerrolletjies met botter en skep ’n teelepel suurroom of knoffelmayonnaise op elk. Sit ’n paar slaaiblare op, gevolg deur die warm vleiskoekie met kaas en spek. Rond die.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related