Tuis

So gou soos nou

Boontjiesop met frikkadelletjies

Genoeg vir 6 • Voorbereiding: 30 minute Gaarmaaktyd: 30 minute

• 45 ml olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 2 preie, fyngekap

• 2 mediumgroot wortels, geskil en fyngekap

• 2 stingels seldery, gekap

• 500 g vars varkworsies

• 1 knoffelhuisie, gekap

• 2 blikke (400 g elk) gemengde bone, gedreineer

• 1 blik (400 g) gekapte tamaties

• 750 ml hoenderaftreksel

• ’n strooisel vars basilie of gekapte pietersielie (opsioneel)

1 Verhit 30 ml van die olie in ’n middelslagkastrol en braai die ui, preie, wortels en seldery saam tot glansend (minstens 5 minute, 10 as jou tyd toelaat).

2 Verwyder intussen die derm van die varkworsies en rol die vleis in piepklein frikkadelletjies. Mik vir 6-8 per worsie, wat ’n lekker grootte saam met die sop gee.

3 Roer die knoffel, bone, tamaties en aftreksel by die sop; laat prut vir 20 minute. Proe, en geur na smaak met sout en peper. Oordeel ook die tekstuur (ek hou daarvan om die helfte van die sop met ’n staafmenger fyn te maak).

4 Braai intussen die frikkadelletjies in die res van die olyfolie tot goudbruin en gaar. Skep dit dan met die geurige olie en al in die sop of verdeel dit tussen geskepte bakkies sop. ’n Strooisel vars kruie of ’n skeppie basiliepesto is ’n opsionele ekstra.

Wenke

• Kap die groente lekker klein om geur tydens die vinnige gaarmaak te bevorder. Die voorbereiding neem dalk 5 minute langer, maar dis die moeite werd.

• As jy nie wil frikkadelle maak nie, bak die heel varkworsies in jou lugbraaier vir sowat 15 minute (of tot gaar) teen 180 °C terwyl die sop prut en sny die gaar worsies eenvoudig in skyfies voor jy dit voorsit. Onthou om die worsies halfpad deur die gaarmaaktyd in die braaier om te draai.

• Brosgebraaide spek is ook lekker in die sop.

Kom ons begin met VARKWORSIES

Romerige varkworsieen-sampioenpasta

Genoeg vir 4 • Voorbereiding: 25 minute Gaarmaaktyd: 25 minute

• 15 ml olyfolie, plus ekstra indien nodig

• 200 g bruin sampioene, gekap

• 6 vars varkworsies met salie, derm verwyder

• 2 knoffelhuisies, gekap

• 250 ml room

• 300 g pennepasta

• ’n groot klont botter

• 8 vars salieblare

• 60 ml gerasperde parmesaankaas

Verhit die olie in ’n dikboompan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af
Tuis1 min read
Tuis
REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Algemene navrae Yumna Tofey yumna.tofey@media24.com • 021 406 4552 REDAKSIE Artikelredakteur Beatrice Moore-Nöthnagel beatrice.nothnagel@media24.com Kreatiewe reda
Tuis4 min read
Trek In En Maak Reg!
WIE WOON HIER? Gill AlldermanWAAR Kommetjie, Wes-KaapGROOTTE 442 m2 Gill se mandjieversameling in die kombuis (oorkant ) en sitkamer (sien ook bl. 67) bring tekstuur in en komplementeer die seegrasmat op die trap na die biblioteek en slaapkamers op

Related