Weg!

SOUS DIT... EN GENIET DIT

Mosterd-en-heuninghoendervlerkies

Maak 12 vlerkies Bereidingstyd 5 minute Gaarmaaktyd 15 minute

Jy benodig

 12 hoendervlerkies
 1-2 teelepels van jou gunsteling-braaisout

VIR DIE SOUS

1/3 koppie dijonmosterd
 ¼koppie heuning
 1eetlepel srirachasous
 1eetlepel appelasyn
 ’n knippie rissiepoeier
 1 teelepel sojasous

Só maak jy

1 Knip die hoendervlerkies se punte af – dit sit gewoonlik net in die rooster vas en maak dit moeiliker om te braai. Ryg hulle dan een-een op sosatiestokkies wat jy vooraf in water geweek het (dit is sodat die stokkies nie oor die kole vlamvat nie). Geur die vlerkies met sout en braai dit vir 10 minute oor matige kole totdat dit lyk asof die vleis al gaar is, maar die vel nog bleek.

2 Klits al die sousbestanddele saam. Doop die gaar vlerkies in die sous en braai hulle verder totdat die sous taai en die hoender goudbruin is. ’n Skeut vars suurlemoen- of lemmetjiesap is vir my lekker, maar heeltemal opsioneel.

Knoffelmossels met spek

Vir 4 (as voorgereg) Voorbereiding 10 minute Gaarmaaktyd 10 minute

Hierdie geurige gereg bly ’n wenner as voorof hoofgereg.

Jy benodig

 ’n groot klont botter
 250 g spek, gesnipper
 1 ui, fyngekap
 2 knoffelhuisies, fyngekap
 2stingels seldery, fyngekap
 350 ml bier (lager)
 1,5 kg bevrore halfskulpmossels, ontdooi
 125 ml room    

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
’n Tierboskat En ’n Vlagswaaier
Ek toet twee kort stampies totsiens vir my vriende wat agter die swart toeskuifdeur verdwyn wanneer ek my Subaru se neus padaf draai. Dis nog donker in die strate, maar ek het darem al ’n koppie koffie in die lyf. Ek ry uit Auckland Park en volg my f
Weg1 min read
Blokraai
OPLOSSINGS BL . 104 Loer in by jou naaste winkel of bestel een by media24shop.com teen R85. FOTO’S RONEL STEYN; VILLIERS STEYN; MARCHELLE VAN ZYL ■
Weg2 min read
LUIPERDLESSE Die strikgevaar
Luiperds word as kwesbaar gelys op die internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur se rooidatalys van bedreigde spesies, en die bevolkingskurwe neig steeds afwaarts. Wêreldwyd is luiperds reeds ’n yslike 75% van hulle oorspronklike verspreidi

Related