Idees

TROOSKOS VIR DIE SIEL

(resep op bladsy 53)

VOLSTRUIS-PEPERPASTEI

Bitter min mense kan ’n goeie tuisgemaakte pasteivulsel met blokkies sagte vleis en vleissous weerstaan. Volstruis-ghoelasj is nie net goedkoper én gesonder as beesvleis nie - die smaak van die vulsel gaan jou ook verras!

Genoeg vir: 6

Bereidingstyd: 45 minute

Gaarmaaktyd: omtrent 2 uur

Oondtemperatuur: 200 ºC

♥ 40 ml botter
♥ 40 ml olyfolie
♥ 1 kg volstruis-ghoelasjblokkies
♥ 30 ml brandewyn
♥ 2 middelslag-uie, gekap
♥ 3 knoffelhuisies, fyngedruk
♥ 15 ml meel
♥ 1 liter aangemaakte of tuisgekookte beesvleisaftreksel
♥ 10 ml gekneusde Madagaskargroenpeperkorrels (of gebruik 5 ml varsgemaalde swartpeper)
♥ 2 lourierblare
♥ 1 Granny Smith-appel, geskil, klokhuis verwyder en in blokkies gesny
♥ 1 eier, geklits saam met 15 ml water
♥ 2 velle gekoopte blaardeeg

1 Verhit ’n bietjie botter en olyfolie in ’n swaarboomkastrol. Wag tot dit vuurwarm is en voeg ’n eerste hoeveelheid van die volstruisblokkies by. Braai dit alkant bruin, skep uit en hou eenkant. Herhaal die proses met die orige vleis.

2 Skep al die bruingebraaide vleis terug in die kastrol. Wag tot dit vuurwarm is voordat jy die brandewyn byvoeg en dit flambé deur ’n brandende vuurhoutjie naby die oppervlak van die brandewyn te hou. Wanneer die vlamme dood is, kan jy die vleis uitskep.

Verlaag die hitte tot matig, voeg

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees2 min read
Op ‘N Wolk
‘N PAAR DINGE OM TE ONTHOU: ❃ Die verhouding is eenvoudig: Weeg die eierwit, verdubbel die gewig vir die suiker en halveer dit vir die water. As jy dié verhouding onthou, kan jy enige hoeveelheid maak. ❃ Metaal- of glasbakke werk die beste. ❃ Vee die
Idees1 min read
Blokkie Blom
MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 8 uur ♥ denimmateriaal ♥ borduurgare ♥ borduurnaald ♥ borduurring ♥ skerp skêrtjie 1 Ons het blomme na willekeur sonder 'n vaste ontwerp op die denimmateriaal geborduur. 2 Die madeliefies is met satynsteek gedoen en Fra
Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif

Related