Idees

KOM ONS DEEL

As jy lus voel vir iets anders as die tradisionele Kersfeeskos, kan jy gerus dié verskeidenheid geregte oorweeg wat ’n mens saam voorsit as ’n ontspanne ‘meng-enpas’-feesmaal. Vra jou gaste om elkeen twee of drie van die geregte te maak en saam te bring sodat almal tot die feestafel bydra. In sommige lande word 13 verskillende geregte voorgesit wat Jesus en die 12 dissipels gedenk.

STEAKSTOKKIES MET ROMESCOSOUS

Genoeg vir: 6-8

Bereidingstyd: omtrent 45 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

♥ 1 kg beessteak (kruisskyf of lendeskyf)
♥ olyfolie en geurmiddels
♥ 60 ml sagte botter
♥ 2 knoffelhuisies, fyngedruk
♥ ’n hand vol geroosterde amandel vlokkies, om voor te sit

ROMESCOSOUS

♥ 50 g geblansjeerde amandels
♥ ’n sny korserige brood van 3 cm dik, in stukke gebreek
♥ 2 groot geroosterde rooi soetrissies, skil verwyder (of gebruik gekoopte geroosterde soetrissies)
♥ 1 knoffelhuisie, fyngedruk
♥ 15 ml sjerrie-asyn
♥ 2-3 ml cayennepeper
♥ 2 ml gerookte paprika
♥ 50-75 ml olyfolie

1 SOUS Rooster die amandels in ’n droë pan tot mooi goudbruin en bros. Plaas dit in ’n voedselverwerker saam met die brood, soetrissie, knoffel, asyn, cayennepeper en paprika en pols dit om ’n growwe smeer te vorm.

2 Voeg die olyfolie bietjies op ’n slag by terwyl die voedselverwerker loop en verpulp dit verder tot die sous amper glad is. Geur dit na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper en sit dit warm of teen kamertemperatuur voor.

Sorg dat die steak kamertemperatuur is. Bedruip dit met olyfolie en geur dit met sout en varsgemaalde swartpeper. Verhit ’n swaarboompan oor baie hoë hitte (jy kan die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees3 min read
Onthoutye
Baie mense dink 'n plattelandse bestaan is 'n lewe van gemak en duursame dienlikheid, maar styl was nog nooit iets wat Illze Muller kon afskeep nie. Sy is die vrou met die kop vol drome agter die interieur van dié 180 jaar oue plaashuis. Teen die tyd
Idees3 min read
Maak So Mooi
‘Die skou is 47,2 kilometer lank en het 5 000 uitstallers se harde werk en aptyt vir risiko geneem om bymekaar te sit,’ vertel die aantreklike Duitse organiseerder. En dit was min of meer hoeveel ek van die perskonferensie kon verstaan. Dis wat gebeu
Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif

Related