Idees

Lank, lank gelede

Rooikappie

SWARTWOUD-KAASKOEK

Net soos die nare Wolf wat wegkruip in die woud, gaan die donker kersies in hierdie kaaskoek jou verras – kry vir jou ’n sny voor alles op is!

Maak: 1 koek (22 cm in deursnee)

Bereidingstyd: 1 uur, plus yskastyd

♥ 300 g sjokoladespysverteringskoekies, fyngemaak
♥ 200 g (230 ml) strooisuiker
♥ 100 g (110 ml) vuurwarm gesmelte botter

VULSEL

♥ 1 blik (425 g) ontpitte swart kersies
♥ 15 ml mielieblom
♥ 30 ml kirsch (of gebruik brandewyn)
♥ 15 ml gelatienkorrels
♥ 60 ml kookwater
♥ 2 houers (230 g elk) roomkaas, teen kamertemperatuur
♥ 45 ml suurlemoensap
♥ 250 ml room
♥ vars kersies, vir versiering

1 Meng die koekiekrummels, 15 ml van die strooisuiker en die gesmelte botter saam. Voer die boom van ’n veerklamppan (22 cm in deursnee) met bakpapier uit en spuit dit met kleefwerende kossproei. Druk die krummelmengsel teen die boom en kante van die koekpan vas. Sit dit in die yskas.

2 Dreineer die kersies en behou die sap. Plaas die sap en 30 ml van die strooisuiker in ’n kastrolletjie. Meng die mielieblom en kirsch en roer dit by die kersiesapmengsel. Roer dit oor matige hitte tot

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees3 min read
Onthoutye
Baie mense dink 'n plattelandse bestaan is 'n lewe van gemak en duursame dienlikheid, maar styl was nog nooit iets wat Illze Muller kon afskeep nie. Sy is die vrou met die kop vol drome agter die interieur van dié 180 jaar oue plaashuis. Teen die tyd
Idees3 min read
Maak So Mooi
‘Die skou is 47,2 kilometer lank en het 5 000 uitstallers se harde werk en aptyt vir risiko geneem om bymekaar te sit,’ vertel die aantreklike Duitse organiseerder. En dit was min of meer hoeveel ek van die perskonferensie kon verstaan. Dis wat gebeu
Idees2 min read
Van Die Redakteur
KONTAK MY BY terena@ideasfactory.co.za instagram.com/terenaleroux Maandagaand sit ons klassie soos gewoonlik om die tafel, slaggereed om in Italiaans te gesels dat dit gons. Maar dié keer is dit effe anders. Ons nuwe onderwyseres uit die noordooste v

Related