Weg!

'n Anderste vleisie

Gestopte picanhasteak

Dié sappige stuk vleis is gewild in Brasilië en jy sien dit ál meer hier in die slagter se venster. Dié driehoekige homp vleis word gesny van die bopunt van die kruisskyf (rump) en of jy dit heel gaarmaak of in steaks sny, dis koningskos.

Vir 8 Voorbereiding 20 minute Gaarmaaktyd 45-60 minute

Jy benodig

 1 picanha-roosterstuk van sowat 1,2 kg
 sout en varsgemaalde swartpeper
 sowat 8 sondroogtamatiekwarte in vinaigrette, fyngekap
 ½ koppie volvetroomkaas
 250 g spekrepe, brosgebraai

Só maak jy

1 Steek solank die vuur aan in die ketelbraai, want jy gaan nou-nou kole nodig hê. 2 Sit die picanha met die vetkant na bo op ’n skoon kapplank. Sny met ’n skerp mes ’n geruite patroon in die vet (moenie deursny tot ín die vleis nie). Sny nou in die dik stuk vleis onder die vetlaag ’n gleuf vir die vulsel – sny tot reg agter, want jy wil die vulsel eweredig kan versprei. Geur die holte met sout en peper en stop dit met die tamatie, roomkaas en fyngekapte spek. Steek die holte sorgvuldig toe met tandestokkies. 3Verhit ’n groot gietysterpan tot lekker warm en seël die vleis tot dit oraloor mooi goudbruin is. Krap die kole na die kante van die braai toe sodat daar plek oop is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg3 min read
SA Deur ’n Lens
Die Suid-Afrikaanse Fotograaf van die Jaar is ’n relatief nuwe kompetisie wat in 2021 op die been gebring is deur die fotograaf William Steel met die doel om ons diverse landskappe, wildlewe en kulture en die breër Afrika-kontinent te vier, en ook om
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg6 min read
Briewe
Ek het hierdie vier witrenosters vroeg een oggend in die suidelike dele van die Krugerwildtuin teëgekom. Ek het gehou van hoe die son die haartjies op hulle ore vang (die renostervoël maak dit ekstra interessant) en hoe mooi hulle in die sagte lig ly

Related