Weg! Platteland

Fees vir. die vleiseters

beesvleis

Biltonggepekelde picanha

Picanha het ek leer ken deur my Portugese slagter, wat dit as die kop of boonste deel van die lendestuk beskryf. Dit is ’n pragtige heel stuk met ’n dik vetlaag aan die buitekant en min marmering in die vleis. Die Spanjaarde sny dit in skywe vir “tapa de quadril”. Kruisskyf, binneboud, dy of stertstuk is ook geskik vir hierdie resep en ek het ook al gemsbok, koedoe en eland op dié manier verwerk.

Genoeg vir 6-8

Bereidingstyd 15 minute plus 3½ dae marineer-, pekel- en droogtyd

Gaarmaaktyd 20-35 minute

JY BENODIG

2 kg picanha

VIR DIE MARINADE

10 eetlepels (150 ml) worcestersous
3 eetlepels (45 ml) balsemiekasyn
3 eetlepels (45 ml) olyfolie

VIR DIE DROË PEKELMENGSEL

¼ koppie (60 ml) heel koljandersaad, gerooster
¼ koppie (60 ml) sumak
½ koppie (125 ml of 100 g) sagte donker bruinsuiker
¼ koppie (60 ml of 50 g) growwesout (mediumgrof)
2 eetlepels (30 ml) gerookte paprika
1 eetlepel (15 ml) koeksoda
2 teelepels (10 ml) knoffelpoeier
2 eetlepels (30 ml) grofgemaalde swartpeper

SÓ MAAK JY

Dag 1 Meng al die bestanddele vir die marinade in ’n erde-of glasbak. Sit die vleis in die mengsel, bedek dit en laat dit vir 6 uur in die yskas rus. Draai die vleis om en verkoel dit vir nog 6 uur. Hou dit bedek.

Dag 2 & 3 Meng al die bestanddele vir die droë pekelmengsel. Haal die vleis uit die yskas en laat dit vir ’n uur in ’n vergiettes droog drup. Rol nou die vleis in die pekelmengsel. Draai die vleis dig toe met kleefplastiek en laat dit dan vir 48 uur in die yskas pekel. (Indien moontlik, kan jy dit gerus vakuumverseël.)

Haal die vleis uit die verpakking en laat dit vir nog 12 uur onbedek in die yskas droog word. Draai die vleis elke 6 uur om. Indien jy ’n koelkamer het, hang die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n

Related