Weg!

IN DIE MIDDEL

Gestopte picanhasteak

Dié sappige stuk vleis is gewild in Brasilië en jy sien dit ál meer hier in die slagter se venster. Dié driehoekige homp vleis word gesny van die bopunt van die kruisskyf (rump) en of jy dit heel gaarmaak of in steaks sny, dis koningskos.

Vir 8 Voorbereiding 20 minute Gaarmaaktyd 45-60 minute

Jy benodig

 1 picanharoosterstuk van sowat 1,2 kg
 sout en varsgemaalde swartpeper
 sowat 8 sondroogtamatiekwarte in vinaigrette, fyngekap
 ½koppie volvetroomkaas
 250 g spekrepe, brosgebraai

Só maak jy

1 Steek solank die vuur aan in die ketelbraai, want jy gaan nounou kole nodig hê.

2 Sit die picanha met die vetkant na bo op ’n skoon kapplank. Sny met ’n skerp mes ’n geruite patroon in die vet (moenie deursny tot ín die vleis nie). Sny nou in die dik stuk vleis onder die vetlaag ’n gleuf vir die vulsel – sny tot reg agter, want jy wil die vulsel eweredig kan versprei. Geur die holte met sout en peper en stop dit met die tamatie, roomkaas en fyngekapte spek. Steek die holte sorgvuldig toe met tandestokkies.

3 Verhit ’n groot gietysterpan tot lekker warm en seël die vleis tot dit oraloor mooi goudbruin is. Krap die kole na die kante van die braai toe sodat daar plek oop is onder die pan op die rooster vir die indirekte gaarmaakmetode. Hou die steak in die pan en sit die ketelbraai se deksel op. Rooster die vleis nou vir sowat 20 minute per 500 g vir sappige pienk steak. Onthou, die vleis het ’n driehoekvorm; dus gaan die vleis aan die punt gaarder wees as die dikste stuk – die braaier gaan die gaarmaaktyd mooi moet oordeel. Jy kan ook die vleis in die oond rooster teen

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
V & A
DENISCHKA UYS van Durbanville skryf: Ek het hierdie spinnekop in ons tuin gesien. Dit het vir ’n paar dae op dieselfde plek gesit en daar was babaspinnekoppe in kleiner webbe rondom dit. Watter soort spinnekop is dit? Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related