Weg!

Oordie kole

Hoender kraai koning!

Geurige plathoender

Vir 6 | Voorbereityd 30 minute | Gaarmaaktyd 35-40 minute

Jy benodig

• 1 groot hoender (1,6 kg)
• 100 g botter
• 5 groot knoffelhuisies, in skyfies gesny
• 2 rooi rissies, in skyfies gesny
• 1 stingel roosmaryn, gestroop en gekap
• 1 suurlemoen se sap en gerasperde skil
• 1 eetlepel gerookte paprika
• 1 teelepel growwe seesout
• ½ teelepel varsgemaalde swartpeper
• 2 eetlepels olyfolie

Só maak jy

1 Só maak jy die karkas plat: Knip die hoender se ruggraat met ’n skerp skêr. Sit die hoender dan met die borskant na bo op ’n kapplank en druk die borsbeen plat met jou handpalm.

2 Sny met ’n skerp mes twee kepe in elke dy en ook ’n diep keep in elke boudjie.

3 Meng die botter, knoffel, rissie, roosmaryn, suurlemoensap en -skil en speserye saam. Wikkel die vel oor die bors versigtig los van die vleis en werk die gegeurde botter onder die vel en in die gesnyde kepe in. Maak seker die hoender is oraloor goed gegeur en smeer dan laastens die buitekant met die olyfolie. Laat die hoender in sy geurige baadjie staan terwyl jy die vuur aansteek.

4 Braai die hoender eers 10 minute lank met die borsbeen na onder voordat jy dit omdraai en nóg 10 minute met die velkant na onder braai. (Dit maak die omdraaislag makliker as jy vooraf ’n metaalsosatiestokkie deur die twee vlerkies steek en nóg een aan die onderkant deur die dytjies om te verseker dat die hoender plat bly.) Hierna is daar nog sowat 15-20 minute se braaityd oor. As jou braaiplek ’n deksel het (of as jy op ’n Weber braai), kan jy hiervoor die deksel toemaak vir ’n ekstra rokerige geur. Ek verkies hoender goudbruin en goed gaar, en braai dit daarom eerder rustig langer as om die tyd dop te hou.

5 Sodra die hoender na jou sin gebraai is, kan jy dit afhaal en 15 minute laat rus voordat jy dit in porsies sny.

Reuse-hoenderkebab

Hierdie kalant is gemaak om te deel!

Vir 1 (genoeg vir 6 mense) | Voorbereityd 15 minute plus marineertyd | Gaarmaaktyd 1 uur

Jy benodig

• 1 kg ontbeende hoenderdytjies
• 4 knoffelhuisies, gekap
• 1 teelepel droë gemengde kruie
• ½ teelepel elk fyn koljander en komyn
• ’n ruim knippie gedroogte rissievlokkies
• 2 eetlepels olyfolie
• sout en peper na smaak
• 2 eetlepels vars suurlemoensap
• 2 groot rooiuie, geskil
• 200 g repiespek

Só maak jy

1 Meng die knoffel, speserye en olyfolie deur die hoenderstukke en marineer oornag in die yskas.

2 Haal die vleis uit die yskas, geur met sout, peper en suurlemoensap. Sny die ui in dik skywe en ryg dit om die beurt met hoenderstukke en spekrepies op een of twee lang metaalsosatiestokke.

3 Indien jou braai ’n aangedrewe draaispit het, kan jy die kebab daarop vir sowat ’n uur oor matige kole braai. Die vleis sal mooi goudbruin wees met ’n subtiele rookgeur. In ’n ketelbraai kan jy die kole na die kante toe skuif (vir die indirekte gaarmaakmetode) en ’n foeliebak heel onder in die skottel staanmaak en dan elke kebab regop (ja, regop!) staanmaak in ’n halwe ui daarin staanmaak. Sit die deksel op en braai dit vir sowat 40 minute. Daarna kan jy die kebab vir nog 15 minute op sy kante braai en kort-kort draai om seker te maak dis alkant deurgaar. Bedruip tussendeur met die oorblywende marinade.

4 Kerf die kebab oor die lengte van die stokkies af en sit dit voor saam met slaai, suurlemoenwiggies en ’n jogurtsousie in tortillas of pitabrode.

Hoenderkebabs met jalapeño, heuning en lemmetjie

Vir 6 kebabs | Voorbereityd 20 minute plus 1 uur marineertyd | Gaarmaaktyd sowat 15-20 minute

Jy benodig

• 4 dik hoenderborsfilette, elk in 6 blokke gesny• 10 repe repiespek (streaky bacon),• 1 rooiui, in kwarte gesny en in blare gebreek• 10 suurlemoen- of lourierblare (opsioneel)

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit

Related