Huisgenoot

Berei & BÊRE

GEURIGE LAMSKENKELKERRIE

BEREIDING EN GAARMAAK: 3 UUR 30 MIN. GENOEG VIR 4 MENSE

Hierdie gereg vries goed. Jy kan die lamskenkels heel vries of die vleis van die bene afaal voor jy dit vries.

◗ 30 ml (2 e) olyfolie
◗ 30 ml (2 e) botter
◗ 4 lamskenkels
◗ sout en swartpeper na smaak
◗ 2 uie, geskil en grofgekap
◗ 4 knoffelhuisies, geskil en fyngekap
◗ 5 cm-stuk vars gemmer, geskil en fyngekap
◗ 1 rooi brandrissie, fyngekap
◗ 45 ml (3 e) kerriepoeier
◗ 5 ml (1 t) elk koljander-, komyn-en vinkelsaad
◗ 2 kaneelstokke
◗ 4 kardemompeule
◗ 3 vars of droë lourierblare
◗ 1 x 400 ml-blik klappermelk
◗ koljanderblare, vir afronding
◗ rys, vir voorsit

Voorverhit die oond tot 160 °C.

1 Verhit die olie en botter in ’n oondskottel oor matige hitte. Geur die skenkels goed met die sout en peper en verbruin oraloor. Doen dit in sarsies, indien nodig. Skep die skenkels uit en hou eenkant.

2 Verlaag die hitte en voeg die uie, knoffel, gemmer en brandrissie by. Braai 5 min. of tot sag en geurig. Voeg die kerriepoeier, heel speserye en lourierblare by en braai nog 5 min. Roer die klappermelk in.

3 Plaas die vleis terug in die oondskottel. Sit ’n deksel op of bedek met foelie en bak 2½-3 uur of tot die vleis sag is. Roer een of twee keer gedurende die baktyd.

Haal die kerrie uit die oond, rond af met die koljanderblare en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi

Related