Huisgenoot

GEURE VAN Portugal

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

PREGO-ROLLETJIES met STEAK

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. / MARINEER: 1 UUR OF OORNAG / STAAN: 35-40 MIN. / GAARMAAK: 15 MIN.

Ons gebruik ons tuisgemaakte piri-pirisous vir die resep. As jy nie reeds dié sous gemaak het nie, gebruik jou ander gunstelingbrandsous.

STEAK

◗ 350-450 g lendesteak
◗ 4 lourierblare
◗ 60 ml (¼ k) piri-pirisous (sien resep op bl. 25)
◗ 15 ml (1 e) rooiwynasyn
◗ 30 ml (2 e) witwyn (opsioneel)
◗ ’n bietjie olie, vir braai
◗ sout, na smaak
◗ ’n klontjie botter

SMEERSOUS

◗ 60 ml (¼ k) mayonnaise
◗ 30 ml (2 e) piri-pirisous
◗ ’n hand vol vars pietersielie, gekap
◗ ’n skeut suurlemoensap

AFRONDING

◗ 4 Portugese broodrolletjies, oopgesny en gesmeer met botter of margarien
◗ ekstra piri-piri-sous, indien verkies

Voer ’n bakplaat met foelie uit.

1 Steak Plaas die steak in ’n marineerbak. Meng die res van die bestanddele, buiten die olie, sout en botter, goed en giet oor die steak. Maak seker die steak is goed met die sous bedek.

2 Laat die steak 1 uur of oornag in die yskas marineer – draai dit af en toe om sodat dit goed marineer. Haal die steak 30 min. voor jy dit wil gaarmaak uit die yskas uit sodat dit kamertemperatuur kan bereik.

Voorverhit die oond tot 230 °C. Haal die steak uit die marinade en hou die oorblywende sous eenkant. Klad die vleis liggies droog en smeer dit met ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Bianca Terblanche Oor Harry De Villiers
DIT was nie liefde met die eerste oogopslag nie. Allesbehalwe. Ek het ’n ander ou gedate toe ek vir Harry ontmoet het. Hy was amper 10 jaar ouer as ek. Ek en sy broer was saam op skool op Aliwal-Noord. Ons paaie het in 2015 die eerste keer gekruis. E
Huisgenoot8 min read
Die Klank Van Sy Lewe
ELTON John het in 1987 ’n keeloperasie gehad wat sy stem verander het. Rod Stewart het in 2000 gehoor hy het skildklierkanker en kon nege maande lank nie sing nie. Luciano Pavarotti het groeisels aan sy stembande gekry omdat hy aan die begin van sy l
Huisgenoot4 min read
Hoekom Grom My Maag Soms?
‘WAT dink julle van dié een?” vra Bibi en hou ’n geel top met kolle in die lug. Sy is besig om deur ’n klomp klere te gaan sodat sy kan besluit watter klere sy moet hou en watter klere sy moet uitgooi. “Mal daaroor. Jy lyk baie mooi in geel, so ek di

Related