Huisgenoot

DIE KLANK VAN SY LEWE

‘AS DIE SANG NIE GOED IS NIE, AS EK NIE DIE OU KAN WEES WAT EK VOORHEEN WAS NIE, IS DIT VERBY MET MY’

ELTON John het in 1987 ’n keeloperasie gehad wat sy stem verander het.

Rod Stewart het in 2000 gehoor hy het skildklierkanker en kon nege maande lank nie sing nie. Luciano Pavarotti het groeisels aan sy stembande gekry omdat hy aan die begin van sy loopbaan sy stem ooreis het voor hy een van die beste tenore in die geskiedenis geword het.

Baie van die wêreld se groot sangers het al stemtrauma beleef wat gedreig het om hul loopbaan te ontspoor, maar dit gebeur selde dat die ster nie weer in die openbaar kan sing nie. Dit is die swaard wat nou bo Jon Bon Jovi se kop hang.

“Dis die parallelle storielyn,” sê Jon.

Hy is die leier van een van die suksesvolste rockgroepe ooit, met albumverkope van meer as 130 miljoen. Jon praat oor Thank You, Goodnight: The Bon Jovi Story, ’n dokumentêr in vier dele oor hoe vier tienervriende van New Jersey op die wêreld se grootste verhoë geland het.

Die reeks volg ook die groep se sanger terwyl hy keelchirurgie en stemrehabilitasie ondergaan.

“Dit is die eerste keer dat ek dit sê,” sê Jon. Met sy breë glimlag en sy gimfiks lyf onder ’n swart T-hemp is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related