Huisgenoot

Griekse feeskos

KITS-GEMARINEERDE OLYWE

GENOEG VIR 6-8 MENSE AS ’N HAPPIE

BEREIDING: 10 MIN.

MARINEER: OORNAG OF 2-3 DAE

Dreineer 400 g olywe en pak in ’n fles of glasbak. Sny 2 wiele fetakaas in blokkies en voeg by die olywe. Skil en kneus 6 knoffelhuisies en voeg saam met ’n paar takkies vars tiemie, 15 ml (1 e) droë origanum, die skil van 1 suurlemoen en 125 ml (½ k) olyfolie by die olyfmengsel. Meng liggies, seël goed en laat minstens oornag of 2-3 dae in die yskas marineer.

SPINASIE-DOLMADES

LEWER ONGEVEER 8-10

DOLMADES

BEREIDING: 20 MIN.

GAARMAAK: 30 MIN.

VULSEL

◗ 30 ml (2 e) olyfolie
◗ 2 rooi-uie, fyngekap
◗ 2 knoffelhuisies, fyngekap
◗ 375 ml (1½ k) langkorrelrys, afgespoel
◗ ’n knippie sout
◗ sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
◗ 15 ml (1 e) suurlemoensap
◗ ’n hand vol pietersielie, fyngekap
◗ 15 ml (1 e) elk gekapte vars of 5 ml (1 t) elk droë origanum en ment
◗ 15 ml (1 e) gekapte vars dille
◗ 100 g sonneblomsade, gerooster
◗ sout en vars gemaalde peper, na smaak

DOLMADES

◗ 8-10 groot spinasieblare
◗ olyfolie (opsioneel)
◗ suurlemoenwiggies
◗ growwe seesout

Verhit die olie in ’n kastrolletjie en braai die helfte van die uie tot sag. Voeg die knoffel by en braai tot geurig. Roer die rys by en roerbraai 5 min. Giet 750 ml (3 k) water en ’n knippie sout by en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related