Huisgenoot

Noedels in ’n kits

1. ROMESCO-NOEDELS MET STEAKREPIES EN GEKNEUSDE TAMATIES

GENOEG VIR 4 MENSE
BEREIDING: 20 MIN.
GAARMAAK: 15 MIN.

ROMESCO-SOUS

◗ 1 groot rooi soetrissie, gehalveer en ontpit
◗ 2 knoffelhuisies, gekneus
◗ 60 ml (¼ k) geroosterde sonneblomsaad
◗ ’n hand vol vars pietersielie
◗ 30-45 ml (2-3 e) olyfolie
◗ 5 ml (1 t) gerookte paprika
◗ ’n knippie rooipeper
◗ sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
◗ sout en vars gemaalde peper

STEAK

◗ 300 g lendesteak
◗ 5 ml (1 t) gerookte paprika
◗ sout en vars gemaalde peper
◗ 5 ml (1 t) olyfolie

NOEDELS

◗ 3 x 75 g-pakkies eier-of kitsnoedels
◗ 15 ml (1 e) olyfolie
◗ 300 g gemengde babatamaties
◗ ekstra gekapte pietersielie

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

Pak die soetrissie met die velkant na bo op die bakplaat en rangskik die knoffel tussenin. Rooster 20 min. of tot die soetrissievel geskroei is. Pak die soetrissie en knoffel op ’n bord, bedek met kleefplastiek en laat effens afkoel. Haal die plastiek af en trek die velletjies Klad die steak droog en geur alkant met die paprika, sout en peper. Smeer met die olie. Berei die noedels volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer. Verdeel die noedels tussen vier bakkies en pak die steak bo-op. Sprinkel die pietersielie oor en sit voor saam met die res van die sous.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
Wintertyd, Fliektyd
As jy klaar deur die agt seisoene van Monk gekyk het wat vroeër vanjaar op Netflix uitgereik is, kan jy regskuif vir die fliek. Ná 14 jaar maak die eienaardige dog snaakse TV-speurder Adrian Monk (Tony Shalhoub) sy buiging op ons skerms in ’n fliek w

Related