Huisgenoot

Meer met MAALVLEIS!

EENPAN-ROOM-FRIKKADELLE

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. / STAAN: 30 MIN. / GAARMAAK: 45 MIN.

Geïnspireer deur tradisionele Sweedse trooskos. Die sous vir dié frikkadelle word in dieselfde pan gemaak waarin die frikkadelle gebraai word. Dit verseker ’n geurige en dekadente roomsous.

◗ 15 ml (1 e) olie + ekstra vir braai
◗ 1 ui, fyngekap
◗ 1 knoffelhuisie, fyngerasper (opsioneel)
◗ 150 g beesmaalvleis
◗ 150 g varkmaalvleis
◗ 2,5 ml (½ t) fyn wonderpeper (allspice)
◗ 2,5 ml (½ t) fyn neutmuskaat
◗ 2,5 ml (½ t) witpeper
◗ sout, na smaak
◗ 1 eier, geklits
◗ 1 x Weet-Bix-stafie, fyngekrummel

SOUS

◗ 15 ml (1 e) botter
◗ 30 ml (2 e) meel
◗ 125 ml (½ k) beesvleisaftreksel + ekstra indien nodig
◗ 125 ml (½ k) room
◗ fyngerasperde skil van 1 suurlemoen

AFRONDING

◗ vars pietersielie
◗ bykos van jou keuse

1 Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui tot goudbruin. Voeg die knoffel by, indien gebruik, skep uit en hou eenkant.

2 Meng die ui met die res van die bestanddele. Rol in okkerneutgroottefrikkadelle, pak op ’n bord en verkoel minstens 30 min.

3 Verhit nog ’n bietjie olie in dieselfde pan waarin die ui gebraai is en braai die frikkadelle in sarsies tot goudbruin aan alle kante. Skep uit en hou eenkant.

4 Sous Smelt die botter in dieselfde pan en sprinkel die meel oor. Meng goed deur.

Verlaag die hitte en giet die aftreksel bietjies-bietjies by en roer aanhoudend. Roer die room en suurlemoenskil deur en pak die frikkadelle terug in die pan. Sit die deksel

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related