Huisgenoot

Verruklik VIËTNAMEES

NOEDEL-SLAAIBAKKIES

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. / STAAN: 30 MIN.

’n Vars en gesonde slaai wat min moeite is. Gebruik sommer gaar oorskiethoender vir hierdie resep.

NOEDELS

◗ 100 g vermicellirysnoedels
◗ 250 ml (1 k) bevrore ertjies

SLAAISOUS

◗ sap van 2 lemmetjies of 30 ml (2 e) witwynasyn
◗ 1-2 rooi brandrissies, fyngekap
◗ 20 ml (4 t) vissous
◗ 30 ml (2 e) sojasous
◗ 15-30 ml (1-2 e) strooisuiker

SLAAI

◗ 3 groot gaar hoenderborsfilette of
◗ 4 ontbeende hoenderdye, in stukkies geskeur
◗ ’n kop slaaiblare, in stukke geskeur
◗ ½ rooikool, gekerf
◗ 2-3 wortels, geskil en in linte gesny
◗ 1 komkommer, in stokkies gesny
◗ 2 stingeluie, in dun repies gesny
◗ ’n hand vol vars basilieblare
◗ ’n hand vol vars mentblare

VIR VOORSIT

◗ 100 g grondboontjies, gesout en gerooster, fyngekap
◗ lemmetjiewiggies

Hou 4 opskepbakkies of diep borde byderhand.

Sit die noedels in ’n diep bak en bedek met kookwater. Plaas ’n deksel of ’n noupassende bord bo-op die bak sodat die stoom nie ontsnap nie. Laat staan 20-30 min. of tot die noedels sag en buigbaar is.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related