Huisgenoot

Steeds aan’t KOOK

GEKARAMELLI-SEERDE kool met GEMMER-EN-VINKELSMOOR

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 80 MIN.

GEMMER-EN-VINKELSMOOR

◗ 60 ml (¼ k) olyfolie
◗ 2 middelslag-uie, gekap
◗ 3 knoffelhuisies, fyngemaal
◗ 3 cm-stuk vars gemmer, fyngemaal
◗ 5 ml (1 t) fyn koljander
◗ 5 ml (1 t) fyn komyn
◗ 5 ml (1 t) vinkelsaad
◗ 2,5 ml (½ t) brandrissievlokkies
◗ 60 ml (¼ k) tamatiepasta
◗ 5 ryp pruimtamaties, gekap, of 1 x
◗ 400 g-blik gekapte tamaties
◗ 30 ml (2 e) sojasous
◗ 15 ml (1 e) suiker of heuning
◗ 45 ml (3 e) ouzolikeur (opsioneel)
◗ 250 ml (½ k) water
◗ 5 ml (1 t) sout en witpeper

GEKARAMELLISEER-DE KOOL

◗ 45 ml (3 e) groenteolie
◗ 1 middelslagkool, in 8 wiggies gesny
◗ 125 ml (½ k) water
◗ 30 ml (2 e) olyfolie
◗ sout en swartpeper, na smaak

VIR VOORSIT

◗ 125 ml (½ k) natuurlike jogurt
◗ ’n paar takkies vars dille
◗ harissa-of srirachasous na smaak (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 Gemmer-en-vinkelsmoor Verhit die olyfolie in ’n groot pan en braai die uie, knoffel en gemmer 8-10 min. oor matige hitte of tot die uie deurskynend is.

2 Voeg die speserye by en braai nog 5 min.

3 Voeg die tamatiepasta, tamaties, sojasous, suiker of heuning, ouzo, indien gebruik, en water by en geur met die sout en peper.

Laat die sous nog 15 min. liggies prut of tot effens verdik.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related