![f0020-01](https://article-imgs.scribdassets.com/982z6xgxscje9d7/images/fileKFP6C7IR.jpg)
![f0020-02](https://article-imgs.scribdassets.com/982z6xgxscje9d7/images/fileDVQV9MD8.jpg)
![f0020-03](https://article-imgs.scribdassets.com/982z6xgxscje9d7/images/file83QANKKM.jpg)
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is.
“Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somerstrand tuur.
Maar daar in die besoeksentrum het sy drif verdamp. “My hart het klein geword toe ek hom daar agter die glas in sy tronkoorpak sien staan.”
Want dit was sy eie pa, en “ek is steeds sy seun”.
Met ’n soort dubbele verdriet – die verdriet oor sy ma én oor sy pa – erken Dexter hy kon die man in die tronk nie daardie dag verwerp nie. “Ek bejammer hom.”
In sy opspraakwekkende verhoor het Colin Kannemeyer (58) in grusame besonderhede