Huisgenoot

Pronk met PERSKES

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

VARKNEKSTEAKS met KLEWERIGE PERSKEBRAAISOUS en NEKTARIENSALSA

GENOEG VIR 4-6 MENSE /BEREIDING: 30 MIN. /GAARMAAK: 45 MIN.

Perskes en varkvleis is ideale pasmaats. Hierdie braaisous is nie net lekker op varksteaks nie; dit kan selfs vir varkribbetjies, kebabs of hoender gebruik word.

BRAAISOUS

◗ 2 uie, in kwarte gesny
◗ 1 heel knoffelbol
◗ 15 ml (1 e) olyfolie
◗ 4 perskes (verskillende soorte), geskil, ontpit en in blokkies gesny
◗ 125 ml (½ k) tamatiesous
◗ 60 ml (¼ k) heuning of ligbruinsuiker
◗ 45 ml (3 e) worcestersous
◗ 30 ml (2 e) sojasous
◗ 30 ml (2 e) wit asyn
◗ 5 ml (1 t) vyfspeseryemengsel

VARKSTEAKS

◗ 4-6 varkneksteaks (ontbeende varknektjops)
◗ sout en vars gemaalde swartpeper
◗ ’n bietjie olyfolie

SALSA

◗ 2 nektariens, in blokkies gesny
◗ 2 stingeluie, gekap
◗ ½ komkommer, in blokkies gesny
◗ 15 ml (1 e) olyfolie
◗ ’n skeut suurlemoensap
◗ ’n knippie sout

VIR VOORSIT

◗ aartappelwiggies

Voorverhit die oond tot 180 °C. Hou ’n bakplaat en ’n vel foelie byderhand. Bespuit nog ’n bakplaat goed met kossproei.

Sit die vel foelie op die bakplaat en versprei die uiewiggies daarop. Pak die knoffelbol tussen die uie en drup die helfte van die olie oor. Vou die uie en knoffel toe in die foelie Verhit die res van die olie in ’n diep kastrol. Voeg die uiewiggies en perskes by en braai 5 min. oor lae hitte. Skep die mengsel uit die kastrol en pols fyn met ’n staafmenger. Hou eenkant. Smeer die steaks ruimskoots met die braaisous en braai 2-3 min. Draai die steaks om, smeer weer ruimskoots met die sous en braai nog 2-3 min. of tot gaar soos verkies. Sit die steaks voor saam met die salsa en warm aartappelwiggies. Bêre die braaisous wat oorbly in die yskas vir tot ’n week.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related