Huisgenoot

Feestelik VIR PASE!

MAKRIELPATEE MET TORTILLAHAPPIES

GENOEG VIR 4-6 MENSE AS HAPPIESKOS / BEREIDING: 15 MIN. / GAARMAAK: 10-15 MIN.

PATEE

• 100-150 g gerookte makriel of snoek (gaar)
• 200 g gladde roomkaas
• ’n hand vol vars pietersielie, fyngekap fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
• 5 ml (1 t) vars suurlemoensap
• 2,5 ml (½ t) vars gemaalde swartpeper

ORTILLAHAPPIES

• 6 mini- of 3 gewone tortillas
• olie vir vlakbraai
• 15 ml (1 e) Cajun-speserye
• 2,5 ml (½ t) gerookte paprika
• ’n knippie sout

AFRONDING

• ekstra gerasperde suurlemoenskil
• vars kruie van jou keuse

1 Patee Verwyder die vis se vel en pluis fyn. Haal enige grate uit en plaas die vis in ’n mengbak.

2 Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Skep in ’n bakkie, bedek met kleefplastiek en bêre in die yskas tot nodig.

3 Tortillahappies Vir die mini-tortillas, sny elkeen in die helfte. Vir die groot tortillas, sny elkeen in 8 driehoeke (soos ’n pizza).

4 Verhit genoeg olie vir vlakbraai en braai die tortillahappies in sarsies tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier.

5 Meng die speserye en sout en sprinkel oor die gebraaide happies.

6 Afronding Strooi die suurlemoenskil en kruie oor die patee en sit voor saam met die tortillahappies.

DHALTJIES MET BILTONGEIERS

GENOEG VIR

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related