Huisgenoot

Bunny CHOWS

Tradisionele BUNNY CHOW met warm KERRIEBREDIE

GENOEG VIR 6 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. / GAARMAAK: 2 UUR 30 MIN.

KERRIE

◗ 500 g blokkies beesvleis
◗ 250 g blokkies skaapvleis
◗ sout en vars gemaalde peper
◗ 30 ml (2 e) olie
◗ 1 ui, gekap
◗ 4 knoffelhuisies, fyngekap
◗ 5 cm-stuk vars gemmer, geskil en gerasper
◗ 2-3 brandrissies, fyngekap
◗ 1 steranys
◗ 1 stokkie kaneel
◗ 2 naeltjies
◗ 2 lourierblare
◗ 15 ml (1 e) geroosterde masala
◗ 5-10 ml (1-2 t) brandrissiepoeier
◗ 15 ml (1 e) tamatiepasta
◗ 250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
◗ 1 x 410 g-blik gekapte tamaties

AFRONDING

◗ 2 groot ongesnyde brode, of brood van jou keuse
◗ 2 brandrissies, gekap
◗ ’n hand vol vars koljanderblare, gekap
◗ 1 stingelui, gekap (opsioneel)

1 Kerrie Geur al die blokkies vleis met die sout en vars gemaalde peper. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die vleis in sarsies tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.

2 Braai die ui in die kastrol tot sag. Voeg die knoffel, gemmer en rissies by en roerbraai tot geurig.

3 Voeg die steranys, kaneelstokkie, naeltjies en lourierblare by en roerbraai nog 1 min.

4 Voeg die res van die speserye by en roerbraai nog 1 min. Skep die vleis terug in die kastrol en voeg die tamatiepasta by. Roer deur.

Giet die aftreksel en gekapte tamaties by en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related