Huisgenoot

Kitsnoedels KRAAI KONING

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

OOSTERSE ROER-BRAAINOEDELS met KRUMMELHOENDER

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 30 MIN. / MARINEER: 30 MIN. OF OORNAG / VERKOEL: 30 MIN. / GAARMAAK: 30 MIN.

KRUMMELHOENDER

◗ 4 hoenderborsfilette
◗ 15 ml (1 e) sojasous
◗ 2 knoffelhuisies, fyngekap
◗ 5 ml (1 t) Chinese vyfspeserymengsel of 2,5 ml (½ t) fyn wonderpeper (allspice)
◗ 2,5 ml (½ t) witpeper
◗ 60 ml (¼ k) melk
◗ 2 eiers
◗ 375 ml (1½ k) growwe broodkrummels
◗ 30 ml (2 e) sesamsaad (opsioneel)
◗ 125 ml (½ k) meel

SOUS

◗ 15 ml (1 e) olie
◗ 2 knoffelhuisies, gekap
◗ 5 cm-stuk vars gemmer, fyngekap of gerasper
◗ 5 ml (1 t) droë brandrissievlokkies of
◗ 1-2 rooi brandrissies, fyngekap
◗ 60 ml (¼ k) sojasous
◗ 5 ml (1 t) vissous
◗ 15 ml (1 e) asyn
◗ 60 ml (¼ k) bruinsuiker
◗ 30 ml (2 e) heuning
◗ 30 ml (2 e) soet brandrissiesous

NOEDELS

◗ 4 x 68 g-pakkies kitsnoedels
◗ 30 ml (2 e) olie
◗ 2 stingeluie, gekap
◗ 350 g koolslaaimengsel
◗ 15 ml (1 e) gemengde sesamsaad

AFRONDING

◗ olie, vir diepbraai
◗ ’n hand vol koljanderblare, grofgekap (opsioneel)

Sny die hoenderborsfilette in happiegrootte blokkies en pak in ’n marineerbak wat nie van metaal is nie. Drup die sojasous oor die hoender, voeg die knoffel by en geur met die vyfspeserymengsel of wonderpeper, en witpeper. Meng goed deur, bedek die bak en laat minstens 30 min. (of oornag) in die yskas marineer. Klits die melk en Doop die hoenderblokkies een vir een in die eiermengsel en rol in die krummels – maak seker die hoender is goed bedek. Verhit die olie in ’n klein kastrol en braai die knoffel, gemmer en brandrissie tot geurig. Voeg die res van die bestanddele by en roer aanhoudend tot die suiker opgelos is. Laat prut ’n paar minute oor lae hitte tot die sous effens begin verdik. Haal van die hitte af en hou eenkant. Verhit die olie in ’n diep braaipan en roerbraai die stingeluie en koolslaaimengsel ’n minuut lank. Giet die kookvloeistof wat jy eenkant gehou het en die helfte van die bereide sous by. Meng die noedels en sesamsaad by en hou eenkant. Meng die koljanderblare, indien gebruik, by die noedels in en verdeel tussen opdienbakkies. Pak van die hoenderhappies op die noedels en sit dit voor saam met die res van die sous.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related