Huisgenoot

BEGROTINGSLIM! Maaltye onder R100

OP DIE STOOF: IN DIE PAN

EIERNESSIES met AMASI-PANBROOD

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 30 MIN. STAAN: 15 MIN. / GAARMAAK: 30 MIN. KOSTE PER PERSOON: R17,50 / TOTALE KOSTE: R70

’n Liplek-lekker ete vir enige tyd van die dag. Pleks van die eiers nét so in ’n pan te bak, bak ons hulle in murgpampoentjienessies en sit dit voor saam met ’n kits-amasipanbrood.

PANBROOD

◗ 625 ml (2½ k) bruismeel, plus ekstra vir uitrol
◗ 2,5 ml (½ t) sout
◗ 250 ml (1 k) amasi
◗ 30 ml (2 e) olie, plus ekstra vir braai

EIERNESSIES

◗ 500 ml (2 k) gerasperde murgpampoentjies
◗ 1 ui, gerasper
◗ 15 ml (1 e) gekapte vars koljander (opsioneel)
◗ 30 ml (2 e) meel of bruismeel
◗ 6 eiers
◗ sout en vars gemaalde peper, na smaak
◗ ’n bietjie olie, vir braai
◗ 15 ml (1 e) water

Hou ’n kleefvrye pan met ’n styfpassende deksel byderhand.

1 Panbrood Meng die meel en sout in ’n groot mengbak en maak ’n holte in die middel van die meel. Meng die amasi en olie voor jy dit in die holte giet. Meng alles tot ’n klewerige deeg vorm. Vorm in ’n bal, bedek met kleefplastiek en laat staan minstens 15 min.

2 Verdeel die deeg in vier gelyke dele en rol elk rofweg in 1 cm-dik sirkels uit. Verhit die pan en voeg ’n bietjie olie by. Plaas een van die deegsirkels in die pan, verlaag die hitte en braai tot die deeg goudbruin is.

3 Drup ’n klein bietjie olie oor die deeg, draai versigtig om en braai nog 1-2 min. of tot die brood uitgerys, goudbruin en gaar is. Herhaal met die res van die deegsirkels en hou eenkant. Vee die pan met kombuispapier skoon.

Meng die murgpampoentjies, ui, koljander en meel. Klits twee

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Van Naïef Tot Kragdrag
DIE modereeks waarvan sy nou amptelik die gesig is, sluit in kantoordrag, oorjasse, rokke en selfs ’n skouersakkie wat na haar vernoem is, die “Monica”. Al dié klere is volgens die vervaardiger ontwerp om die beeld van ’n sterk vrou uit te straal, ee
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
Huisgenoot Sê
POST MALONE EN MORGAN WALLEN Sy gesig vol tatoes kan dalk vir baba bang maak, maar sy rap en sang bekoor. Kyk nou maar hoe dié eksentrieke Amerikaner se duet met die countryster Morgan Wallen die rekords laat spat! “IHadSomeHelp” wasindietweedeweek v

Related