Huisgenoot

Karringmelk of amasi? ALBEI!

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

BROSGEBRAAIDE VIS met REËNBOOGTJIPS

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. MARINEER: 30 MIN. / GAARMAAK: 30 MIN.

Die karringmelk of amasi is die ideale deegkombersie om te verseker dat die krummel lekker uitpof en goudbruin braai. Jy kan hierdie metode ook gebruik vir bros uieringe en selfs krummelhoenderrepies. Sien ons wenke onderaan dié resep.

◗ 6 vars visfilette of -mote
◗ sout en vars gemaalde peper
◗ 500 ml (2 k) amasi of karringmelk
◗ 2 eiers, geklits

MEELMENGSEL

◗ 250 ml (1 k) meel
◗ 5 ml (1 t) gemengde droë kruie
◗ 5 ml (1 t) knoffelsout
◗ 5 ml (1 t) witpeper
◗ 2,5 ml (½ t) fyn sout

TJIPS

◗ 4 aartappels, geskil en in stokkies gesny
◗ 2 oranje patats, geskil en in stokkies gesny

AFRONDING

◗ olie, vir diepbraai
◗ sout, na smaak
◗ suurlemoenwiggies
◗ vars pietersielie

Voer 2 bakplate of braaibakke met kombuispapier uit.

Geur die vismote aan albei kante met die sout en peper, en pak in ’n niemetaal-marineerbak. Klits die amasi of karringmelk en die eiers goed saam en giet oor die vis. Draai die vis om en maak seker dat dit oral met die mengsel bedek is. Maak die bak toe en marineer minstens 30 min. in die yskas. Meng alles goed in ’n vlak bakkie. Bring ’n kastrol gesoute water tot kookpunt. Sit die aartappel-en patattjips in die water en bring weer tot kookpunt. Kook 5 min., dreineer en laat droog stoom. Klad liggies droog, indien nodig. Verhit genoeg olie in ’n diep pan vir diepbraai. Braai die tjips in sarsies oor matige hitte tot bros, gaar en goudbruin. Dreineer op kombuispapier en geur met die sout. Hou die pan met die olie eenkant. Skud die olie goed van die tjips af en hou in die Verhit dieselfde olie wat jy vir die tjips gebruik het, en braai die vis in sarsies tot ligbruin aan die een kant. Moenie te veel van die porsies op een slag in die olie braai nie. Draai versigtig om en braai nog ’n paar minute tot ligbruin aan die ander kant ook. Moenie die vis te veel rondbeweeg nie anders gaan die krummel begin afval. Sit die vis saam met die reënboogtjips en suurlemoenwiggies voor, en rond af met vars pietersielie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related