Tuis

Geniet meer groente

SAMPIOENBURGERS MET HALLOUMI, KARAMEL-UIE EN AVOKADO

Gekaramelliseerde uie neem lank en is ’n liefdestaak wat ’n haastige mens liewer nie moet aanpak nie! Skink ’n glas wyn en geniet die heerlike aromas terwyl jou uie stadig braai.

Maak 4 burgersVoorbereiding: 45 minuteGaarmaaktyd: 1 uur

30 ml olyfolie
8 groot bruin sampioene
8 gemarineerde sondroë tamaties (sien kassie)
4 dik skywe (sirkels of vierkante) halloumi
’n hand vol babaspinasie
1 eiervrug, in dun skyfies gesny en gaar gebraai
1 ryp avokado, geskil en in skyfies gesny (besprinkel met suurlemoensap)
’n paar basilieblare as garnering

KARAMEL-UIE

3 wit uie, geskil en dungesny
30 ml olyfolie
5 ml ligbruinsuiker
’n klont botter
15 ml balsemiekasyn

1 Karamelliseer die uie Skep die uie by 250 ml kookwater in ’n pan en kook stadig tot die pan droog is. Deur die uie eers ’n bietjie sag te kook voor dit begin braai, is daar ’n kleiner kans dat dit verkleur voor dit sag is.

2 Voeg dadelik die olie by en braai nou stadig oor matige hitte terwyl jy af en toe roer tot die uie mooi ligbruin is (sowat 30 minute).

3 Voeg die suiker en botter by en braai nog 5-10 minute tot ’n diep, ryk bruin kleur. Roer laaste die balsemiekasyn by en braai ’n laaste paar minute. Ek hou van ’n knippie sout by om die soet te temper – besluit self.

4 Braai die sampioene in ’n bietjie olyfolie in ’n dikboompan tot gaar en geurig (sowat 5 minute aan ’n kant). Skep dadelik die sondroë tamaties en ’n bietjie van hul marinade in die sampioen-
“bakkies” en hou gereed.

5 Gebruik dieselfde pan en braai die halloumiskywe oor hoë hitte in nog ’n bietjie olie tot goudbruin alkante.

6 Stel die burgers saam Skep ’n ruim porsie karamel-uie op vier van die gaar sampioene, stapel dan die spinasieblare, gaar halloumi, gebraaide eiervrug en avokado daarop. Sit ’n tweede sampioen bo-op, en lê weg!

Marineer jou eie sondroë tamaties

Bedek 125 ml met kookwater en laat dit week vir 30 minute of tot sag en buigsaam. 60 ml - of by, asook 1 gekapte , ’n knippie en ’n . Laat dit minstens 1 uur marineer en bêre dan in die yskas tot nodig.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar
Tuis7 min read
Dié Maand In Jou Tuin
Stuur tuininligting en -vrae na tuine@tuis.co.za. Die meeste tuiniers mik na ’n “woud” van blomme op hul werf, maar het jy al ooit oorweeg om ’n koswoud op jou eiendom te skep? Die volgende twee wintermaande is ideaal vir die beplanning en aanplantin
Tuis3 min read
Groen EN AARDS IN DIE BETONOERWOUD
WIE WOON HIER? Wim en JC Steyn en hul tweelingseuns, Luka en Liam (5)WAAR Linden, JohannesburgGROOTTE 423 m² Groen, wit en aards is hoe ons Wim en JC se elegante huis in die Goudstad leer ken het sedert hulle in 2015 hier ingetrek het. Nege jaar, vie

Related