Tuis

Dié maand in jou tuin

Stuur tuininligting en -vrae na tuine@tuis.co.za.

Skep ’n voedsame woud in jou tuin!

Die meeste tuiniers mik na ’n “woud” van blomme op hul werf, maar het jy al ooit oorweeg om ’n koswoud op jou eiendom te skep? Die volgende twee wintermaande is ideaal vir die beplanning en aanplanting van ’n eetbare woud met basies sewe elemente:

’N BLAREDAK VAN GROOT VRUGTE- EN NEUTBOME soos appelkoos-, pruim- en peerbome, asook verskeie neutkultivars. Doen ’n bietjie navorsing en maak seker jy kies die beste oesdraende bome wat geskik is vir jou streek.

’N LAER LAAG MET KLEINER VRUGTEBOME soos ‘Early Red One’-appelbome en ‘Red Lady’-papajabome (dwerggrootte), asook ‘Lapins’-kersiebome (halfdwerggrootte).

STRUIKE SOOS BESSIES EN KERSIES Hierdie soorte kan almal nou geplant word: frambose, aalbessies, appelliefies, boysenbessies, aarbeie en swartbessies.

’N KRUIDAGTIGE LAAG met medisinale en kookkruie, metgeselplante en byevriendelike plante.

GRONDBEDEKKERS wat die grond beskerm, verdamping verminder en onkruidgroei keer.

DIE RISOSFEER Dit is die laag onder die grond waar jy jou gunsteling-wortelgroente soos aartappels, wortels, beet en gemmer kan kweek.

met rank- en klimplante. Hier kan jy na hartelus plante met blomme en eetbare vrugte kombineer. Kies druiwe, rankboontjies en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis3 min read
Groen EN AARDS IN DIE BETONOERWOUD
WIE WOON HIER? Wim en JC Steyn en hul tweelingseuns, Luka en Liam (5)WAAR Linden, JohannesburgGROOTTE 423 m² Groen, wit en aards is hoe ons Wim en JC se elegante huis in die Goudstad leer ken het sedert hulle in 2015 hier ingetrek het. Nege jaar, vie
Tuis4 min read
Trek In En Maak Reg!
WIE WOON HIER? Gill AlldermanWAAR Kommetjie, Wes-KaapGROOTTE 442 m2 Gill se mandjieversameling in die kombuis (oorkant ) en sitkamer (sien ook bl. 67) bring tekstuur in en komplementeer die seegrasmat op die trap na die biblioteek en slaapkamers op
Tuis12 min read
Kerriekos
Hierdie vinnige ete is luuks en maak ’n heerlike bederfmaal. Dit is my weergawe van Fatima Sydow se garnaal-akhni uit haar boek Kaap, Kerrie en Koesisters, geskryf saam met Gadija Sydow Noordien. Op ’n weeksaand vervang ek die seekos met minihoenderf

Related