Tuis

SO SMAAK sonskyn!

Watwou Pringles! Wie kan nou ’n warm, krakerige hopie tentakels op die bord weerstaan? – Felicity Cloake, theguardian.com

Eiervrugslaai met gebraaide halloumi

So ’n allemintige slaai is heerlik as by- óf voorgereg, en kan selfs ’n vegetariese hoofgereg word met pitabrode daarby. Onthou, gebraaide halloumi is op sy lekkerste warm.

Genoeg vir 6–8 as bygereg Bereidingstyd: 30 minute Gaarmaaktyd: 20 minute

 2 mediumgroot eiervrugte
 30ml olyfolie
 15ml rooiwynasyn
 1 fles (280g) oliegemarineerde artisjokkwarte, gedreineer
 1 klein rooi ui, in ringe gesny
 200g kersietamaties
 8 mini-komkommers, elk in die lengte in kwarte gesny
 45ml granaatpitte
 60ml vars mentblare
 1 blok (sowat 300g) halloumi-kaas
 sowat 45ml meel
 ’n knippie gedroogde ment
 ’n klont botter en ’n skeut olyfolie

1 Sny die stingelente van die eiervrugte af en sny elke eiervrug oor die breedte in ronde skywe, 3mm dik. Strooi sout oor en laat staan vir sowat 5 minute. Druk droog met kombuispapier.

Verhit ’n riffelpan en braai die skyfies in sarsies, sonder om olie te gebruik, tot daar mooi swart lyntjies aan albei kante gebraai het. Meng nou met die olyfolie,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis4 min read
Trek In En Maak Reg!
WIE WOON HIER? Gill AlldermanWAAR Kommetjie, Wes-KaapGROOTTE 442 m2 Gill se mandjieversameling in die kombuis (oorkant ) en sitkamer (sien ook bl. 67) bring tekstuur in en komplementeer die seegrasmat op die trap na die biblioteek en slaapkamers op
Tuis3 min read
Diere-maniere
Watter een van dié drie is Gucci die dwergpoedel? – Mari Viviers, Paarl Tansy en Teagan geniet mekaar se geselskap. – Chandré de Wit, George Chloe die Ragdoll-katjie verlustig haar in die geur van die dahlias. – Penny Mowbray, Gqeberha Mossel stel ’n
Tuis2 min read
Ons Lesers Sê
Melissa van der Colff van Upington skryf Dankie aan Tuis vir die artikel “Gelukkige sonvangers” (Desember 2022 | Januarie 2023). Kort daarna was dit vir ons geliefde ma, Malinda van der Colff, tyd om ons te groet. Haar tuin was haar lewe en die art

Related