Ek kom hopeloos te min in die bos. Na elke (heeltemal te kort) besoek, is dit wat ek altyd sê… en wat almal vir wie ek van my vakansie vertel, dan ook sê. Dit gebeur nie as ek vertel van ‘n besoek aan een of ander oorsese stad nie – ja, mense geniet die interessante staaltjies, maar daar is nie daardie erkenning, daardie verlange in hul oë nie.
Dit het my laat dink aan wat dit is wat die Afrika-bos dan nou só spesiaal maak? Baie mense luister